Kallis lig Proteas se knelpunte uit

2010-05-26 10:04
Tweets Share Share line Print

Christo Buchner

Johannesburg - Die gebrek aan groot slaners teen die einde van die kolfbeurt en boulers wat die lopiekraan kan help toedraai, is deur Jacques Kallis geïdentifiseer as van die probleme wat die Suid-Afrikaanse span het.

Al het Graeme Smith se krieketspan die Windies eergister in die tweede eendagstryd met 17 lopies geklop, was daar nog verskeie kwelpunte.

Die kolf- en boulwerk aan die stertkant het gelol. Suid-Afrika het 300/5 gekry en danksy Darren Sammy se rekordbeurt van 58 onoorwonne lopies, het die Windies by 283 in 48.1 beurte uitgekom.

Hashim Amla (92) was weer die rigtingwyser in die SA beurt. Kallis, wat Shaun Pollock se rekord vir die meeste eendagstryde vir Suid-Afrika verbeter het tot 296, het 85 lopies geslaan.

Dit wou nooit voorkom asof die Windies naby die teiken sou uitkom nie, maar Sammy se aanslag teen die einde van die beurt het dit veel nader laat lyk as wat dit werklik was.

Hy het die Windies-rekord vir die vinnigste vyftigtal, slegs 20 balle, daargestel. Uiteindelik het hy net 24 balle trotseer en twee viere en ses sesse geslaan.

Sy swaaiende kolf het die boulsyfers verrinneweer. Morné Morkel het wel drie paaltjies geneem, maar dit het hom 58 lopies gekos.

“Ons sal beslis aandag moet gee aan ons boulwerk aan die einde van die beurt,” het Kallis erken.

“Dit is al asof die boulers tussen twee lengtes vasgevang is. Dit is egter iets wat hulle vir hulself moet uitsorteer,” sê hy.

Suid-Afrika se nuwe mees ervare eendagspeler glo ook die gebrek aan groot slaners teen die einde van die beurt is ’n probleem.

Noudat daar nie ’n Albie Morkel of Mark Boucher in hierdie span is vir daardie laaste klompie beurte nie, “gebruik ons nie die eindbeurte so goed soos waaraan gewoond is nie.”

Suid-Afrika loop wel nou met 2-0 voor in die reeks van vyf wedstryde, met die volgende twee wat Vrydag en Sondag in Dominica plaasvind.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition DSG 3-dr Dsl
2007
R 279,990.00

TOYOTA

RunX 160i RS 5-dr
2004
R 94,995.00

BMW

X3 xDRIVE20i M-SPORT AT
2012
R 600,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.