Kallis lei Challengers na sege

2010-03-17 09:25
Tweets Share Share line Print

Eduan Roos

Johannesburg – Jacques Kallis het Dinsdag die laaste twyfel oor sy vermoë as blitskolwer begrawe.

Hy het hy feitlik op eie houtjie aan die Royal Challengers Bangalore hul eerste sege van vanjaar se Indiese Premierliga (IPL)-toernooi besorg.

Kallis was in verwoestende luim en danksy sy onoorwonne beurt van 89 (van net 55 balle) kon die Challengers die Kings XI Punjab se stewige wenteiken van 203/3 reeds in die voorlaaste beurt verbysteek.

Kallis, wat in die Challengers se eerste wedstryd teen die Kolkata Knight Riders ook ’n onoorwonne 65 aangeteken het, is nou die voorste lopiemaker in vanjaar se toernooi.

Dié veelsydige Suid-Afrikaner was veral genadeloos teenoor sy landgenoot Yusuf Abdulla (0/36 in 2.5 boulbeurte).

Dít nadat hy vroeër ook die waardevolle paaltjie van Manvinder Bisla (75) platgetrek het.

Vroeër het Ravi Bopara (77) en Bisla 129 lopies om die eerste Kings XI-paaltjie opgestapel.

Daarna het Kallis en Robin Uthappa (51) stukrag aan die Challengers se yslike lopiejaagtog gegee.

In Kolkata het die Chennai Super Kings die Knight Riders met 55 lopies ore aangesit.

Mahendra Singh Dhoni, die wenspan se kaptein en paaltjiewagter, het wéér onder die boulwerk ingeklim.

Sy 66* en Subraman Badrinath (45*) se puik vennootskap van 109 lopies om die vierde paaltjie het die tuisspan se doppie vroeg reeds geklink.

Nie een van die Proteas se groot slaners, Albie Morkel en Justin Kemp, het eens kolfkans gekry nie.

Dié twee het wel met die bal uitgeblink en die Knight Riders is vir net 109 uitgehaal, in antwoord op die Super Kings se stewige 164/3.

Kemp (wat 3/12 platgetrek het), is Dinsdag by die voorlopige Protea-groep van 18 vir die Twintig20-Wêreldbeker ingesluit ná ’n afwesigheid van bykans drie jaar.

Morkel (1/6) is op uiters verrassende wyse weggelaat uit die span vir die Suid-Afrikaners se toer na die Wes-Indiese Eilande later vanjaar.

- Sport24

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: ipl

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition DSG 3-dr Dsl
2007
R 279,990.00

TOYOTA

RunX 160i RS 5-dr
2004
R 94,995.00

BMW

X3 xDRIVE20i M-SPORT AT
2012
R 600,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.