Kallis is SA krieketspeler van die jaar

2011-06-07 23:01
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Jacques Kalles is Dinsdag by die Suid-Afrikaanse Kriekettoekeningsgeleentheid by Gallagher Estate in Midrand, Johannesburg, as die krieketspeler van die jaar aangewys.

Dit is die tweede maal wat Kallis dié gesogte toekenning wen. Die vorige keer was in 2004.

Hy het vanjaar ‘n driekuns toekennings opgeraap – hy is ook as die Castle Toetsspeler van die jaar aangewys en het die KFC “So Good”-toekenning ontvang vir sy honderdtalle in albei kolfbeurte van die toetswedstryd teen Indië op Nuweland, ondanks die feit dat hy aan ‘n pynvolle besering gely het.

Anders as verlede jaar, toe Hashim Amla byna skoonskip gemaak het, was die toekennings goed verspreid. AB de Villiers is as Eendagspeler van die jaar aangewys en Amla is as die Spelers se speler án die SA Aanhangers se speler van die jaar aangewys.

Lonwabo Tsotsobe is as die Pro20-speler van die jaar aangewys.

Imran Tahir, wat as SA Internasionale Nuweling van die jaar aangewys is, was ook ‘n groot wenner in die provinsiale kategorieë.

Hy is aangewys as die Supersportreeks se Krieketspeler van die jaar.

Die lys wenners is:

KSA Afrigter van die jaar: Richard Pybus (Nashua Mobile Cape Cobras)

KSA Veldopsigter van die jaar: Louis Kruger (Senwes Park)

KSA Tellinghouersvereniging van die jaar: Gauteng

Skeidsregters se skeidsregter van die jaar: Johan Cloete

KSA Skeidsregter van die jaar: Johan Cloete

MTN40 Krieketspeler van die jaar: Faf du Plessis (Nashua Titans)

Standard Bank Pro20 Krieketspeler van die jaar: Owais Shah (Nashua Mobile Cape Cobras)

Supersportreeks Krieketspeler van die jaar: Imran Tahir (Sunfoil Dolphins)

Internasionale toekennings

SA Nuweling van die jaar: Imran Tahir

Standard Bank Internasionale Pro20 Krieketspeler van die jaar: Lonwabo Tsotsobe

Standard Bank Eendag Krieketspeler van die jaar: AB de Villiers

Castle Toetsspeler van die jaar: Jacques Kallis

KFC “So Good!” toekenning: Jacques Kallis

KSA Aanhangers se speler van die jaar: Hashim Amla

Spelers se speler van die jaar: Hashim Amla

SA Krieketspeler van die jaar: Jacques Kallis

- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter


 

- SAPA

Lees meer oor: jacques kallis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition DSG 3-dr Dsl
2007
R 279,990.00

TOYOTA

RunX 160i RS 5-dr
2004
R 94,995.00

BMW

X3 xDRIVE20i M-SPORT AT
2012
R 600,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.