Kallis beseer, SA kolf eerste
2013-02-22 11:06
Pretoria – Suid-Afrika het Vrydag die loot gewen en besluit om eerste te kolf in die derde en laaste toets teen Pakistan op SuperSport-park in Centurion.
Die Proteas moes noodgedwonge twee veranderings maak.
Jacques Kallis moes weens 'n seer kuitspier onttrek en sal deur die naatbouler Kyle Abbott, wat sy debuut vir die Proteas maak, vervang word.
Morné Morkel het sy dyspierbesering vererger en is deur Rory Kleinveldt in die span vervang.
Pakistan het verskeie veranderings vir Vrydag se toets gemaak.
Imran Farhat, die nuweling Ehsan Adil en Rahat Ali vervang Nasir Jamshed, Umar Gul en Tanvir Ahmed in die span.
Spanne:
Suid-Afrika: Graeme Smith (kaptein), Alviro Petersen, Hashim Amla, AB de Villiers (paaltjiewagter), Faf du Plessis, Dean Elgar, Robin Peterson, Vernon Philander, Dale Steyn, Rory Kleinveldt, Kyle Abbott.
Pakistan: Mohammed Hafeez, Imran Farhat, Azhar Ali, Younis Khan, Misbah-ul-Haq (kaptein), Asad Shafiq, Sarfraz Ahmed (paaltjiewagter), Ehsan Adil, Saeed Ajmal, Rahat Ali, Mohammad Irfan.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA