Kallis, Amla skitter in tweedagwedstryd
2010-02-04 01:16
Nagpur - Die tweedag-opwarmingswedstryd tussen die Proteas en die Presidents-elftal van die Indiese Krieketraad op die nuwe Vidarbha-veld, het Woensdag gelykop geëindig.
Jacques Kallis en Hashim Amla het hulle vennootskap oortref.
Kallis het 63 lopies van 58 balle aangeteken. Hy het agt viere en drie sesse na die skare gemoker, terwyl Amla met 72 lopies van 122 balle bygedra het.
Amla het 12 viere geslaan.
Die wedstryd is tot ‘n einde geroep toe die Proteas 354 lopies uit 68.4 boulbeurte aangeteken het.
Die Proteas het nog twee dae oor om vir die drie eendagwedstryde teen Indië voor te berei.
Die Presidents-elftal was almal uit vir 318 lopies. (Abhishek Nayar 100, Shikhar Dhawan
70, Morne Morkel 3-24, Wayne Parnell 3-66).
Suid-Afrika het 354 lopies aangeteken. (Ashwell Prince 42, Graeme Smith 45,
Hashim Amla 72 uitgetree, Jacques Kallis 63 uitgetree, Piyush Chawla
4-88, Ravichandran Ashwin 3-96)
-Sapa-AFP