Kallis, Amla skitter in Indië
2010-02-06 14:28
Nagpur - Jacques Kallis en Hashim Amla het in hul ononderbroke vennootskap gedurende die eerste openingswedstryd teen Indië, 285 lopies ingepalm wat Suid-Afrika na ‘n triomfantlike telling van 291-2 gelei het.
Kallis het 13 viere en twee sesse na die paviljoene gemoker.
Hy het ‘n onoorwonne 159 lopies ingesamel. Dit is Kallis se 34ste honderdtal wat hom na die derde plek onder toetskrieket se top honderdtal-spelers gestoot het.
Dié skitterende vennootskap het Suid-Afrika weer moed gegee nadat Ashwell Prince (0) en Graeme Smith (6) vinnig geval het. Smith en Prince het slegs ses lopies tussen hulle ingesamel.
Amla het altesaam 11 viere geslaan.
-Sapa-AP