KSA vra Gibbs om verskoning

2010-12-05 12:51
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Krieket Suid-Afrika (KSA) het aan Herschelle Gibbs om verskoning gevra nadat hulle ‘onakkurate inligting’ rakende die beeïndiging van sy kontrak vrygestel het.

KSA het Vrydag in ‘n verklaring gesê dat Gibbs se kontrak in ooreenstemming met hom gekanselleer is.

Maar Sondag is ‘n verklaring deur KSA uitgereik waarin hulle om verskoning vra omdat hulle die aankondiging so haastig gemaak het.

“Ná vele gesprekke, en in die beste belange van Krieket Suid-Afrika, het KSA in ooreenstemming met Gibbs besluit om sy nasionale krieketkontrak te kanselleer,” het Gerald Majola, uitvoerende hoof van KSA gesê.

“Daar is besluit dat dit die beste uitweg vorentoe vir albei partye sal wees.”

“Namens KSA wil ek Herschelle alles van die beste vir die toekoms toewens en hom bedank vir sy bydrae wat hy tot die sukses van die Proteas gemaak het.”

“Herschelle het ons land vir 14 jaar verteenwoordig en ek dink nie enige krieketliefhebber sal ooit die bydrae wat hy gemaak het in die 438-wedstryd teen Austalië vergeet nie.”

Gibbs mag steeds die Protea-span haal indien hy gekies word en het daarop aangedring dat hy 'n kans gegun word om in die Twintig20-reeks wat later hierdie maand in Nieu-Seeland sal plaasvind te speel, indien hy die span sou maak. KSA het ingestem om dit te doen.

Gibbs het verlede maand sy kontroversiële outobiografie, To The Point, vrygestel waarin hy heelwat oor die Proteas se gedrag op toer te sê gehad het.

Ná die boek se vrystelling het KSA hul prokureurs gevra om daarna te kyk en gesê raad sal 'n besluit oor die aangeleentheid maak.

Die regterhandse kolwer wat sy debuut in 1996 vir die Proteas gemaak het, het in 90 toetse, 248 eendagwedstryde en 23 T20 Internasionale wedstryde gespeel.

- Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
 

- SAPA

Lees meer oor: herschelle gibbs  |  krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition DSG 3-dr Dsl
2007
R 279,990.00

TOYOTA

RunX 160i RS 5-dr
2004
R 94,995.00

BMW

X3 xDRIVE20i M-SPORT AT
2012
R 600,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.