KSA-raadslid eis R600 000
2012-02-07 13:26
Johannesburg - 'n Raadslid van Krieket Suid-Afrika (KSA) het 'n eis van R600 000 ingedien vir onder meer sms'e, parkeerbetalings en fakse.
Volgens die New Age-webtuiste het Ajay Sooklal 'n storm ontketen met dié eis, wat verlede jaar in twee aparte fakture aan KSA gestuur is.
Sooklal eis meer as R200 000 in die eerste faktuur vir "verskeie uitgawes insluitend fakse, sms'e, telefoonoproepe, e-posse, parkering en tolhek-gelde" vir reise om kliënte in Port Elizabeth en by die KSA-kantore te ontmoet.
In die tweede faktuur wat in Oktober verlede jaar uitgestuur is, eis hy meer as R400 000 vir onder andere: "om raadsvergaderings en perskonferensies by te woon en instruksies te volg.
Krieket Suid-Afrika het in 'n brief aan Sooklal gesê: "Die raad is geskok oor die inhoud van jou eise en vra dat jy 'n deeglike verduideliking gee."
Lees verder.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24