KSA ontken bonusskandaal
2011-06-12 23:25
Johannesburg – Krieket Suid-Afrika het bewerings ontken dat die federasie opnuut in 'n bonusskandaal betrokke is.
KSA se finansiële hoof, Nassei Appiah sê die bonusse is deur KSA se vergoedingskomitee, Remco, goedgekeur.
Volgens berigte het die bestuurshoof van KSA, Gerald Majola, die bestuurder van openbare betrekkinge Kass Naidoo en Appiah aan hulself bonusse ter waarde van R1,9 miljoen toegestaan sonder om die volledige besonderhede aan die raad te verskaf.
Majola was verlede jaar in omstredenheid gehul ná bonusuitbetalings van R4,7 miljoen.
– RSG
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg