KSA-ondersoek uitgestel
2011-12-07 14:27
Pretoria – Die ondersoek na die bonusskandaal by Krieket Suid-Afrika, is tot aanstaande jaar uitgestel, het RSG Woensdag berig.
Die komitee, onder die voorsitterskap van regter Chris Nicholson, sal nou die getuienis wat sover ingewin is, bestudeer.
Voorleggings van verskeie vorige en huidige lede van KSA is sover aangehoor.
Die komitee sal sy werksaamhede op 16 Januarie hervat. Die spertyd vir die finale verslag is in Februarie.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24