KP sê jammer oor Twitter-uitbarsting
2010-09-02 05:06
Londen - Kevin Pietersen het om verskoning gevra ná hy in 'n internet-uitbarsting gevloek het omdat hy weggelaat is uit Engeland se twintig20- en eendagspan wat teen Pakistan gaan speel.
Pietersen het gevloek in 'n tweet wat Dinsdag vinnig verwyder is.
Die kolwer sê nou dat dit "iets was wat nie vir openbare domein bedoel is nie en ek vra om verskoning dat dit openbare domein betree het. Ek wil ook om verskoning vra vir die taal wat ek gebruik het".
Geoff Miller, nasionale keurder, het gesê dat "daar sekere dinge is wat ek nie geniet het nie, en ek het hom daarvan in kennis gestel, nou gaan ons aanbeweeg".
- SAPA