Jong Proteas blom ondanks hitte

2012-01-17 10:10
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Dit het bloedsweet gekos, maar ’n goeie boulvertoning deur die Suid-Afrikaanse o.19-krieketspan het hom gister sy eerste oorwinning oor Pakistan in die driehoekige reeks, wat Zimbabwe insluit, besorg.

Die tuisspan het met 42 lopies hier op Nuweland geseëvier nadat sy boulers die besoekers vir 198 uitgeknikker het.

Dit was ’n belangrike sege vir die Suid-Afrikaners nadat hulle tot dusver nog net met die sukkelende Zimbabwiërs kon afreken.

Die tuisspan het verlede Vrydag met 59 lopies teen die Paki­stani’s vasgeval en het Zimbabwe Saterdag met 6 paaltjies afgeransel.

Gister se wedstryd is in bloedige hitte gespeel, met die kwik wat verby die 35°C-kerf geklim het. ’n Sege in sulke uitdagende toestande sal die jong Suid-Afrikaners se selfvertroue ’n groot hupstoot vir die res van die reeks gee.

Suid-Afrika (240/7) het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Sy kaptein, Quinton de Kock (7), het wéér met die kolf misluk nadat hy in die eerste kragmeting met Zimbabwe ’n onoorwonne honderdtal aangeteken het. Hy het sedertdien gesukkel om noemenswaardige bydraes met die kolf te lewer.

Shaylin Pillay (40) en Theunis de Bruyn (73) het ’n vennootskap van 98 lopies om die vierde paaltjie gedeel voordat Pillay deur Fawad Khan skoongeboul is.

Diego Rosier (2) is kort daarna uitgehardloop voordat De Bruyn met die telling op 204 uitgevang is.

Zia-ul-Haq (2/30) en Usman Qadir (2/37) het skaflik met die bal vertoon.

Pakistan (198) se kolfbeurt kon nie slegter begin het nie toe Sami Aslam (8), Babar Azam (1) en Faraz Ali (8) hul paaltjies binne nege boulbeurte verloor het.

Rabian Engelbrecht (1/37) en Corné Dry (3/42) het uitstekend geboul om die besoekers op 50/4 te laat steier.

Op 107/6 was die Asiërs nog verder in die moeilikheid voordat Mohammad Nawaz (34) en Usman Qadir (52, 36 b) hul span hoop gegee het met ’n vennootskap van 50 lopies.

Dit het trouens gelyk of die wedstryd op ’n spannende einde gaan afstuur, maar Qadir sal homself skop nadat hy met die telling op 190 uitgehardloop is toe hy ’n gewaagde tweede lopie wou neem.

Prenelan Subrayen (2/21) het die laaste twee paaltjies laat kantel.

Suid-Afrika pak Zimbabwe vandag en speel Donderdag teen Pakistan op Coetzenburg.

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.