Johan Botha speel in Big Bash-toernooi
2011-12-07 12:04
Johannesburg – Suid-Afrika se veelsydige krieketspeler Johan Botha het by die Adelaide Strikers aangesluit vir Australië se Big Bash twintig20-toernooi wat in Desember begin.
"Ons het reeds twee twintig20-supersterre, Kieron Pollard en Alfonso Thomas, op ons lys. Nou het ons ook vir Johan (Botha) wat 'n baie opwindende toevoeging tot die span is," het die Strikers se breier, Chuck Berry, tydens Woensdag se aankondiging gesê.
Vroeër vanjaar is aangekondig dat die kolwer Herschelle Gibbs vir die Perth Scorchers, wat tot onlangs deur Australië se nuwe krieketbreier Mickey Arthur afgerig is, in die Big Bash-toernooi gaan speel.
Lees verder.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– ESPN.cricinfo