James Anderson opgeroep vir Engelse T20-span
2012-09-06 22:16
Londen – Engeland se James Anderson is opgeroep na die T20-span wat teen die Proteas moet speel as dekking vir die beseerde Steve Finn.
Anderson het in 2009 laas vir Engeland in die kortste weergawe van die spel gespeel.
Die 30-jarige is ook nie deel van Engeland se groep vir die T20-Wêreldbeker nie. Die T20-Wêreldbeker begin later vandeesmaand in Sri Lanka.
Finn sukkel met ‘n stywe rug wat die keurders genoop het om Anderson in te sluit.
Engeland gaan drie T20-wedstryde teen die Proteas speel. Die eerste wedstryd is Saterdag in Durham, die tweede een Maandag by Old Trafford en die derde een Woensdag in Edgbaston.
Spanne:
Engeland:
Stuart Broad (kaptein), James Anderson, Jonny Bairstow, Ravi Bopara, Tim Bresnan, Danny Briggs, Jos Buttler, Jade Dernbach, Steven Finn, Alex Hales, Craig Kieswetter, Michael Lumb, Eoin Morgan, Samit Patel, Graeme Swann, Luke Wright
Suid-Afrika:
AB de Villiers (kaptein), Hashim Amla, Farhaan Behardien, Johan Botha, JP Duminy, Faf du Plessis, Jacques Kallis, Richard Levi, Albie Morkel, Morne Morkel, Justin Ontong, Wayne Parnell, Robin Peterson, Dale Steyn, Lonwabo Tsotsobe
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter
- Sapa - AFP