JP wil man teen wipballe staan

2009-12-11 08:52
Tweets Share Share line Print

Christo buchner

Johannesburg - Wanneer die eerste kriekettoets tussen Suid-Afrika en Engeland Woensdag in Centurion begin, sal dit op ’n dag na presies ’n jaar wees sedert JP Duminy sy onverwagse, maar uiters suksesvolle toetsdebuut op die Waca in Perth gemaak het.

“Dit voel of dit veel langer as ’n jaar gelede is,” glimlag hy as hy gesels oor sy vertonings in Australië wat die krieketwêreld se verbeelding aangegryp het.

“Ek kan eerlikwaar nie veel daarvan onthou nie. Dit voel alles so half onwerklik. Ek onthou wel hoe ek my kolf in die lug gehou het om die applous vir my honderdtal in Melbourne te erken,” sê hy.

Skaars ’n jaar later bevind hy hom by ’n kruispad in sy baie belowende loopbaan. Die uitdaging wat Engeland oor die volgende maand of wat aan Duminy bied – en hoe hy dit hanteer – kan ’n rigtingwyser vir hom wees.

“Ja, ek weet wat hulle sê van jou tweede seisoen in internasionale krieket. Hierdie is die een waarin ek myself moet vestig,” sê hy.

Die Engelse glo hulle het die resep om hom aan bande te lê: Duminy gaan ’n dieet van kort balle gevoer word nadat hy twee keer in die eendagreeks sy paaltjie met sulke aflewerings verloor het.

Hy trek sy mond so half skeef as hy praat oor sy beweerde kwesbaarheid teen kort aflewerings.

“Ek het nog nooit regtig daarmee gesukkel nie.

“Dis nou maar toevallig dat ek my paaltjie twee keer só verloor het.

“Ek dink dit is maar eintlik net ’n sielkundige ding.

“Jy moet net nie dat dit in jou kop vassteek nie.

“Dit is goed en wel vir die Engelse as hulle dink hulle het nou my nommer.

“Ek is egter oorgehaal om die teendeel te bewys.

“Ek gaan die volgende klompie dae hard daaraan werk – en ook in die nette baie kort balle trotseer om te sorg ek is op my gemak daarmee,” sê Duminy.

“Die seisoen by die Cobras (in die Kampioene-liga in Indië) het só goed vir my begin en ek het ook my eerste internasionale eendag-honderdtal (teen Zimbabwe) gekry, maar skielik voel dinge nie so lekker nie.

“Ek moet net weer my tydsberekening regkry.”

Duminy sê hoewel die Engelse nie die blitsboulers van die Aussies het nie, is hulle baie bedrewe en hou ’n bedreiging vir Suid-Afrika se kolwers in.

“James Anderson is waarskynlik hul groot gevaarman,” sê hy.

- Beeld

 

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.