Indiese krieketheld kry chemo vir longkanker
2012-02-06 13:01
Nieu-Delhi – Indië se Wêreldbeker-krieketheld, Yuvraj Singh, word vir longkanker in Amerika behandel, het die speler se fisioterapeut Sondag gesê.
Jatin Choudhary het aan die televisie-kanaal Headlines Today gesê die veelsydige speler is in Oktober verlede jaar gediagnoseer en dat hy tans behandeling in Boston ontvang, maar het bygevoeg dat die siekte in die beginfase is.
"Sodra hy klaar is met chemoterapie in Maart is rehabilitiasie teen April voltooi en sal hy volkome fiks wees om in Mei te speel, het Choudhary aan die Press Trust of India-nuusagentskap gesê.
Yuvraj se familie het verlede jaar in November gesê 'n longgewas (nie-kwaadaardig), so groot soos 'n gholfbal, het hom tydens die Wêreldbeker geaffekteer.
Sy ma het gesê hy is "konstant" oorval deur hoesbuie en naarheid tydens die toernooi wat Indië in April voor hul tuisskare gewen het.
Ten spyte van sy siekte, het die linkskolwer 362 lopies aangeteken en 15 paaltjies in nege wedstryde laat kantel om eindelik as speler van die toernooi gekies te word.
Singh het op sy Twitter-profiel gesê hy hoop om deur Lance Armstrong, wat prostaatkanker oorwin het om verskeie Tour de France-titels te wen, geïnspireer te word.
Volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sapa - AFP