Indië staatmakers kwyt voor SA toets

2010-01-29 08:55
Tweets Share Share line Print

Nieu-Delhi – Suid-Afrika se kanse om die nr. 1-plek op die Internasionale Krieketraad se ranglys vir toetslande te herwin, het ’n hupstoot gekry.

Indië moet in die eerste toets teen die Proteas sonder drie van sy staatmakers klaarkom.

Die voormalige kaptein Rahul Dravid, die mokerman Yuvraj Singh en die naatbouler Sri Sreesanth sukkel met beserings en is nie deel van die groep van 15 spelers vir die eerste toets nie. Dié kragmeting begin volgende Saterdag in Nagpur.

Die Proteas moet slegs die reeks van twee toetse wen om Indië verby te steek en weer bo-aan die ranglys te pryk.

Dravid het sy kakebeen gebreek en Yuvraj sy linker-polsgewrig in die onlangse tweede toets teen Bangladesj in Dhaka beseer.

Sreesanth het ’n dyspierbesering in die eerste toets in Chitta­gong opgedoen.

Dravid was glo oorgehaal om te speel, maar die spandokters se raad was dat hy moet rus om te verhoed dat hy sy besering vererger.

Die groep is weens die lang beseringslys net vir die eerste toets aangewys. Dit is egter onwaarskynlik dat al drie spelers die tweede toets in Kolkata sal misloop. Dié toets begin op 14 Februarie.

Daar was egter goeie nuus vir Indië se afrigter, Gary Kirsten, en sy spanbestuur met die veteraankolwer VVS Laxman wat fiks verklaar is nadat hy in die Chitta­gong-toets steke in sy vinger benodig het.

Daar is drie groentjies in die groep vir die eerste toets – Subramaniam Badrinath (kolwer), Wriddhiman Saha (reserwe-paaltjiewagter) en die opwindende jong naatbouler Abhimanyu Mithun.

Mithun (20) het dié seisoen (sy eerste) 47 paaltjies in nege eersterangse wedstryde laat kantel. Hy het sy span, Karnataka, gehelp om die eindstryd van die Ranji-trofeereeks, Indië se weergawe van die Suid-Afrikaanse SuperSport-reeks, te haal.

Badrinath het al drie keer vir die Indiese eendagspan diens gedoen, maar wag nog vir sy eerste kans in die toetsarena.

Hy is amper verseker van ’n plek in die beginspan.

Hy is een van ses spesialis-kolwers in die groep en sal sy kans in Nagpur kry.

Die Indiese keurders het ook ’n Raadselftal aangewys wat ’n tweedag-oefenwedstryd teen die Pro­teas in Nagpur sal speel. Die wedstryd begin Dinsdag.

Die Raadselftal word aangevoer deur die uitstekende jong kolwer Rohit Sharma.

Die toetsgroep is:

Mahendra Singh Dhoni (k), Virender Sehwag, Gautam Gambhir, Murali Vijay, Sachin Tendulkar, VVS Laxman, Subramaniam Badrinath, Harbhajan Singh, Zaheer Khan, Ishant Sharma, Amit Mishra, Sudeep Tyagi, Pragyan Ojha, Abhimanyu Mithun, Wriddhiman Saha. – Sapa-AFP en cricinfo.com

- Beeld

Lees meer oor: krieket

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.