Indië se kolwers laat loop
2010-02-16 12:27
Kolkata – 'n Reeksoorwinning lyk vir die Proteas al meer onwaarskynlik nadat Vangipurappu Laxman en Indië se kaptein Mahendra Singh Dhoni uitstekend op die derde dag van die beslissende toets in Kolkata gekolf het.
Jacques Kallis het twee vangkanse van Paul Harris se boulwerk verbrou terwyl Graeme Smith ook ‘n kans om Dhoni uit te vang deur sy vingers laat glip het.
Morne Morkel is die enigste Suid-Afrikaanse bouler wat 'n paaltjie, die van Amit Mishra (28), op die derde dag kon vat.
Geen paaltjies het na middagete geval nie en Laxman en Dhoni het behoorlik onder die Suid-Afrikaners begin inklim met Laxman wat ook die 7 000-lopie merk in toetskrieket verbygesteek het.
Indië het op 643/6 hul eerste beurt gesluit verklaar, wat Suid-Afrika nou met 'n agterstand van 347 lopies laat.
Die dag se spel is egter gestaak weens swak lig.
- Sport24