IPL pootjie Proteas se voorbereiding vir WB

2010-04-08 08:43
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die Proteas se gesukkel en hul onvermoë om gereeld plek te kry in die onderskeie Indiese Premierliga-krieketspanne is besig om Suid-Afrika se voorbereiding vir die Twintig20-Wêreldtoernooi in die wiele te ry.

Enkele Suid-Afrikaners – Jacques Kallis, Albie Morkel en Herschelle Gibbs – is staatmakers vir hul onderskeie spanne, maar die res van die spelers kry weinig speelkans.

Die T20-Wêreldtoernooi begin einde vandeesmaand in die Wes-Indiese Eilande – slegs vyf dae ná die eindstryd van die IPL.

Corrie van Zyl, die Proteas se afrigter, het bevestig dat daar weens ’n gebrek aan tyd geen oefenkamp voor die toernooi sal wees nie,

Daar is vooraf gehoop dat die grootste gros van die nasionale spelers gereeld speelkans in die IPL sou kry en dat dít as ideale voorbereiding vir die Wêreldtoernooi sou dien.

Die teenoorgestelde is egter waar, met spelers soos AB de Villiers, Mark Boucher en JP Duminy wat tans IPL-toeskouers is.

?Só het die SA spelers in die nasionale t20-groep in die eerste helfte van die IPL (tot en met Dinsdag) gevaar:

Albie Morkel (9 wedstryde vir die Chennai Super Kings): 164 lopies teen ’n gemiddelde van 32.80 (treftempo: 150.45); 8 paaltjies teen ’n gemiddelde van 36.50. (lopietempo: 8.84). Ná ’n maer seisoen toon hy weer tekens van die speler van ouds.

Jacques Kallis (9 wedstryde vir die Royal Challengers Bangalore): 425 lopies teen 85.00 (treftempo: 123.90).

Kallis is die groot ster van vanjaar se toernooi en het bewys dat hy by die t20-formaat kan aanpas.

Herschelle Gibbs (8 wedstryde vir die Deccan Chargers): 237 lopies teen 29.62 (treftempo: 119.09).

Gibbs se vermoë om boulaanvalle aan flarde te kolf, is oënskynlik aan die kwyn.

Dale Steyn (8 wedstryde vir die Royal Challengers Bangalore): 7 paaltjies t 33.71 (lopietempo: 7.37).

Steyn boul met baie vaart, maar staan ook baie lopies af en het tot dusver relatief min paaltjies platgetrek.

Ryan McLaren (7 wedstryde vir die Mumbai Indians): 26 lopies t 26.00 (treftempo: 108.33); 3 paaltjies t 70.00 (lopietempo: 8.40).

Die veelsydige McLaren het Indië nog nie aan die brand gespeel met kolf óf bal nie.

AB de Villiers (6 wedstryde vir die Delhi Daredevils): 107 lopies t 17.83 (treftempo: 95.53).

Sy swak kolfpeil het De Villiers sy plek in die Daredevils se beginspan gekos.

Mark Boucher (5 wedstryde vir die Royal Challengers Bangalore): 13 lopies teen 13.00. (treftempo: 130.00).

Boucher het nog min gedoen in die IPL, maar is op sy beste wanneer sy span hom die nodigste het.

Rusty Theron (3 wedstryde vir die Kings XI Punjab): 3 paaltjies teen 26.00 (lopietempo: 6.50)

Theron het ’n indrukwekkende begin in die reeks gehad en sy vermoë om veral die eindbeurte af te stuur, sal beslis ’n bate wees in die Windies.

Charl Langeveldt (3 wedstryde vir die Kolkata Knight Riders): 5 paaltjies t 17.60 (lopietempo: 8.00).

Langeveldt het nog min gespeel omdat hy met ’n bobeenbesering gesukkel het.

Graeme Smith (2 wedstryde vir die Rajasthan Royals): 44 lopies teen 22.00 (treftempo: 112.82). Die Proteas-kaptein het ’n vinger in sy span se tweede wedstryd gebreek en is sedertdien op die krukkelys.

Morné Morkel (2 wedstryde vir die Rajasthan Royals): geen paaltjies (lopietempo: 9.07).

Morkel het gesukkel in sy eerste twee wedstryde en is daarna weggelaat.

Roelof van der Merwe (1 wedstryd vir die Royal Challengers Bangalore): 2 paaltjies t 13.50 (lopietempo: 6.75).

’n Oorvloed aan internasionale sterre by RCB beroof Van der Merwe van speelkans.

JP Duminy (Mumbai Indians) en Johan Botha (Rajasthan Royals) het nog nie ’n speelkans in vanjaar se reeks gekry nie.

Loots Bosman en Rory Kleinveldt speel nie vanjaar nie.

- Beeld

 

Lees meer oor: proteas  |  ipl  |  twintig20

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Trading sê... Die skrywer van hierdie berig probeer sy bes om Schalk Burger tot Springbokkaptein verkies te kry. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr Sport
2011
R 109,900.00

OPEL

Astra 1.6 Essentia 5-dr MY10
2011
R 209,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 117,499.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.