IPL dalk regte doepa vir Duminy

2010-02-26 14:41
Tweets Share Share line Print

Altus Momberg

Ahmedabad - Die handbesering wat JP Duminy Woensdag in Gwalior opgedoen het, is dalk net ’n bedekte seën vir dié beleërde Suid-Afrikaanse kolwer.

Duminy het gisteraand reeds na Suid-Afrika teruggekeer vir ’n tandarts-afspraak. Dit sal sy beseerde linkerhand terselfdertyd kans gee om te herstel.

Kepler Wessels, die Proteas se kolfkonsultant, meen dis ’n goeie ding vir Duminy om vir eers uit die spervuur te kom.

“Ons (die afrigters) het ’n paar tegniese en sielkundige aspekte aan hom genoem waaraan ons wil hê hy moet werk. Dis ’n goeie ding dat hy nou in die Indiese Premierliga (IPL) gaan speel waar die druk nie so groot is nie en hy sy selfvertroue kan herwin,” meen Wessels.

Duminy is ná ’n skitterende begin in sy internasionale loopbaan, skaars 14 maande gelede, die laaste ruk sy selfvertroue kwyt.

Dié linkshandige kolwer van die Kaap het hierdie seisoen net 129 lopies in 6 toetse teen ’n gemiddelde van 12.90 aangeteken. Hy kon slegs 3 keer in 10 kolfbeurte dubbelsyfers behaal.

Dit het nie veel beter in kitskrieket gegaan nie.

As die onoorwonne 111 teen Zimbabwe aan die begin van die seisoen buite rekening gelaat word, het hy slegs 88 lopies in 7 beurte sedert die begin van die toernooi om die Kampioene-trofee geslaan.

Dit is egter nie net sy lae tellings nie, maar ook die manier waarop hy sy paaltjie verloor wat kommer wek.

Hoewel hy vroeër in sy loopbaan uitstekend teen draaiboulers gevaar het, is hy nou die kluts kwyt teen veral ortodokse wegbreekboulers.

Wessels meen egter daar is geen rede waarom Duminy nie sy peil kan herwin nie.

“Dit is glad nie ongewoon vir jong spelers om ná vroeë sukses te sukkel wanneer die opposisie planne teen hulle begin beraam nie. Dit is dan die jong speler se taak om weer ’n teenvoeter vir dié planne te vind.

“JP het die wêreld se talent en ek glo hy kan terugveg.”

Wessels het intussen gewaarsku daar wag baie harde werk op die Proteas se eendagspan voor volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi hier op die subkontinent.

Die voormalige Proteas-kaptein het gister gepraat nadat hy die laaste maand die span as kolfkonsultant en keurder bygestaan het.
“Ek dink die toetsspan is op die oomblik baie beter as die eendagspan.

“Die toetsspan is baie mededingend, maar daar wag baie harde werk op die eendagspan. Ons sal so gou as moontlik ons beste span moet identifiseer en dan dié span saamsnoer,” het Wessels gesê.

- Beeld

 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: ipl  |  proteas  |  krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Boerperd sê... Riaan Jy kyk te veel Jerry Springer. Jy praat darem hopeloss te veel van "gays" en "traylor trash". As jy wil sleg se, vat jou pak as iemand jou aanvat. Of kry maniere mamparra. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.