IKR moet nóú besluit – Clarke

2011-12-23 11:44
Tweets Share Share line Print

Melbourne – Die gebruik van tegnologie vir betwisbare beslissings op die krieketveld moet eenvormig geskied – óf daar moet in die geheel weggedoen word daarmee, sê Australië se kaptein, Michael Clarke.

Indië weier steeds dat die verwysingstelsel (DRS) ná skeidsregterbeslissings ingespan kan word in die toetsreeks teen Australië wat Maandag hier begin.

Die besoekers is nog nie heeltemal te vinde daarvoor nie en bevraagteken steeds die akkuraatheid daarvan.

Clarke het gesê dit is tyd vir die Internasionale Krieketraad (IKR) om te besluit of dit in toetse én eendagkrieket, of net in die een of die ander – of glad nie – gebruik gaan word. “Ek vind dit ’n klein bietjie onbestendig.”

Dié tegnologie, wat met been voor paaltjie-beslissings ingespan word en ook duidelik wys wanneer die bal die kolf of die handskoene getref het, is in die Aussies se onlangse twee reekse – teen Suid-Afrika en Nieu-Seeland – gebruik. Die IKR-reëls stel dit duidelik dat albei spanne in ’n reeks daartoe moet instem.

Krieket Australië (CA) het gehoop dat Indië tot ’n aangepaste stelsel sou instem. Die Indiese Krieketraad (BCCI) wou egter nie swig nie.

Indië se weiering beteken dat verkeerde beslissings nie herroep sal kan word nie.

Die gasheer-uitsaaier van die reeks, Channel Nine, wat baie tyd, geld en harde werk ingesit het om seker te maak dat hy die beste moontlike tegnologie ter wêreld het, sal vir die onthalwe van sy kykers steeds gevorderde kykweer-beeldmateriaal, soos wat gewoonlik vir die DRS gebruik word, vertoon. – smh.com.au

- Volg Nuus24Sport op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: krieket  |  tegnologie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.