Hier is SA se top 5 krieketspelers

2009-11-09 19:08
Tweets Share Share line Print

Johannesburg –  JP Duminy het uitgeblink bo die vyf Mutual and Federal Suid-Afrikaanse krieketspelers van die jaar wat Maandag aangekondig is by die bekendstelling van die 2009 SA Cricket Annual  by die Wanderers.

Omdat dié toekenning nie twee keer aan iemand toegeken kan word nie was ‘n paar Protea-spelers van dié toekenning uitgesluit maar Duminy sou sonder twyfel onder dié vyf val ten spyte van vorige nominasies.

Nadat Duminy vir ‘n paar jaar saam met die Suid-Afrikaanse toetsspan getoer het en sy kans met geduld afgewag het, het hy eindelik die geleentheid gekry om te wys wat in hom steek toe Ashwell Prince verlede Desember tydens die eerste toets teen Australië in Perth beseer is.

Hy het die geleentheid met albei hande aangegryp.

Tydens die ses toetse wat hy in die 2008/2009 seisoen gespeel het, het Duminy 389 lopies aangeteken teen ‘n gemiddeld van 48.62.

Uit 14 eendag internasionale wedstryde het hy 412 lopies met ‘n gemiddeld van 45.77 aangeteken. Hy het ook 10 paaltjies geneem.

Behalwe vir Duminy is Roelof van der Merwe die enigste lid van die nasionale span wat onder die vyf spelers van die jaar val.

Die Dolphins se kaptein, Imraan Khan, wat 20 lopies as openingskolwer tydens sy debuut teen Australië in Kaapstad gemaak het, is die enigste ander speler onder die vyf wat al internasionale krieket gespeel het.

Tydens verlede jaar se SuperSport-reeks het hy die meeste lopies aangeteken met 835 teen 55.66.

Griqualand kolwer Wendell Bossenger (33) is ook onder die top vyf benoem vir sy bydrae tot tuiswedstryde. Hy het 13 seisoene se amateur krieket gespeel met ‘n gemiddeld van 34.16 in 107 wedstryde.

Die vyfde en laaste toekenning is aan die Cobras spinbouler Claude Henderson toegeken.

- Sapa

Lees meer oor: krieket  |  jp duminy

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.