Harris toe ook held

2010-02-10 00:25
Tweets Share Share line Print

Nagpur - Dale Steyn het die steierende Indiese krieketspan gister hier met twee vinnige opstoppers finaal planke toe gestuur om ’n beurtsege vir Suid-Afrika te beklink.

Dit was ’n heel gepaste afsluiting, want Steyn was immers die laksman van die Proteas se boulaanval met sy 10 paaltjies in die eerste van twee toetse.

Maar in die Proteas se klinkende sege met ’n beurt en 6 lopies was daar meer heldedade as net Steyn s’n. En gister was dit Paul Harris wat soos Steyn en die twee kolfhelde, Hashim Amla en Jacques Kallis, die Indiese kolwers nagmerries besorg het.

Nie eens ’n vegtersbeurt (100, 275 minute, 175 balle, 13x4) deur die Indiese kolfmaestro Sachin Tendulkar kon Indië red nie.

Ofskoon Steyn nie dieselfde sukses as in die eerste beurt behaal het toe hy sewe Indiese kolwers teruggestuur het paviljoen toe nie, was sy ontleding van 3/57 in Indië se opvolgbeurt genoeg om te verseker dat hy die vierde keer in sy toetsloopbaan 10 paaltjies in ’n wedstryd neem.

Dit het op die vierde dag van die toets egter harde werk en hope geduld geverg om Indië se oorblywende 8 paaltjies (die oornagtelling was 66/2) plat te trek.

Die laaste paaltjie het trouens eers ses boulbeurte voor die uitskeityd gekantel.

Paul Harris het vroeër die eerste deurbraak van die dag gemaak toe Murali Vijay ’n waaghalsige veeghou probeer het en op die skerpby-grens deur Morné Morkel uitgevang is.

Terwyl Steyn en Morkel die druk op die Indiese kolwers gehou het, het die Proteas se tweede linie – Wayne Parnell, Harris en Kallis – hul deel gedoen.

Terwyl Harris die Indiese kolwers vasgeknoop het met sy aanslag buite die regterhandse kolwers se bypen – hy het net 25 lopies in sy eerste 21 boulbeurte afgestaan – het dit die res van die Protea-boulers in staat gestel om meer aanvallend te boul.

Parnell het heelwat beter as in die eerste beurt gevaar.

Ja, hy het steeds gesukkel met sy akkuraatheid en het heeltemal te veel los balle geboul, maar hy het ook gewys dat hy die vermoë het om vennootskappe te breek.

Dit was egter Harris wat die twee groot paaltjies in die middagsessie laat kantel het.

Tendulkar, het sy 46ste toetshonderdtal behaal, maar is ses balle later deur Harris geboul. Die Indiese kaptein, Mahendra Singh Dhoni, het die tweede keer in die toets ook voor Harris geswig.

Die Indiese eindkolwers het teen die einde ’n bietjie pret gehad, maar ’n beurtnederlaag was onafwendbaar.

- Beeld

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.