Halfeind-plekke in Pro20 gou bespreek

2010-02-19 13:12
Tweets Share Share line Print

Port Elizabeth. – Die einde van die Pro20-krieketreeks is in sig en dié naweek se laaste vier wedstryde gaan bepaal wie in die halfeindronde speel.

In dié stadium is net die sukkelende Dolphins (1 ligapunt) uit die prentjie.

Die Dolphins speel vanaand in Johannesburg teen die Lions­ (4 ) en het grootskaalse veranderinge aan hul span aangebring. Dit moet dalk as ’n waarskuwing vir die Lions dien, want die Dolphins is nie onder soveel druk soos die tuisspan nie.

Daar is ook die kans dat die Dolphins se geploeter in dié reeks gaan voortduur en dat die Lions sal wen.

As dit gebeur, sal die wenner van Sondag se kragmeting tussen die Lions en die Eagles (8) in Bloemfontein vir die halfeindronde kwalifiseer.

Die Warriors (12) sal vanaand op hul tuisveld probeer om hul plek bo-aan die puntelys met ’n oorwinning oor die Cape Cobras (9) te verstewig.

’n Totaal van 16 punte met een wedstryd oor sal die Warriors van die eerste plek én ’n tuiswedstryd in die halfeindronde verseker.

Die Cobras het nie in hul twee laaste wedstryde waffers gekolf nie, hoewel die boulers soms goed gevaar het.

Eergister het die Eagles, met ’n veglustige Morné van Wyk goed op dreef met die kolf, die Cobras se kanse ’n gevoelige knou toegedien.

Van Wyk het 85 onoorwonne lopies gemoker om sy span te help om die Cobras met 8 paaltjies te klop.

Vanaand sal die Cobras dus moet uithaal as hulle nog in die halfeindronde wil beland.

Maklik sal dit nie wees nie, want veral die Warriors se boulers, onder wie Rusty Theron en Lonwabo Tsotsobe, kan hulle laat bontstaan.

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.