Groot kanonne brul

2011-11-25 09:29
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Die Cape Cobras én die Warriors gaan Vrydagmiddag hier op Nuweland internasionale versterkings inspan in die Eendagbeker-krieketreeks.

Graeme Smith en Mark Boucher is weer vir die tuisspan beskikbaar, terwyl Ashwell Prince die Warriors se kolflys in die stryd tussen die twee voorlopers in die Eendagbeker-reeks sal versterk.

Albei spanne is so te sê verseker van ’n plek in die uitspeelrondes, maar die Warriors kan basies seker maak van die eerste plek op die puntelys as hulle met die Cobras afreken.

Daar is nog ’n kans dat die Cobras en selfs die Dolphins hulle kan verbysteek, maar dit is hoogs onwaarskynlik.

Die Cobras, wat die Knights Woensdag in Bloemfontein laat les opsê het, het die eerste kragmeting tussen dié twee spanne vroeër in die Baai net-net gewen. Reën het ’n groot sê in daardie stryd gehad.

Die reeks se eindronde word vanjaar op ’n nuwe grondslag beslis. Waar die boonste vier spanne voorheen in die halfeindronde gespeel het ten einde vir die eindstryd te kwalifiseer, sal net die drie topspanne vanjaar tot die uitspeelrondes deurdring.

Die span wat bo-aan die puntelys ná die ligawedstryde eindig, kwalifiseer outomaties vir ’n tuiseindstryd.

Die spanne wat tweede en derde eindig, speel dan teen mekaar om ’n plek in die eindstryd.

Die beseringspook wat die Knights in die Eendagbeker-reeks ontspoor het, het nog twee slagoffers geëis, skryf Johann de Jager.

Die aanvangskolwer Reeza Hendricks en die naatbouler Shadley van Schalkwyk is die jongste toevoegings tot die ellelange beseringslys.

Hendricks het ’n wond aan sy linkerhand, wat met steke geheg moes word. Hy het die besering in Woensdag se wedstryd teen die Cobras opgedoen toe hy ’n bal in die dekveld gekeer het.

Van Schalkwyk is die vierde speler wat met ’n dyspierbesering sukkel.

Dié twee sal nie in aksie wees in die herontmoeting met die Titans vandag in Kimberley nie.

- Die Lions en Dolphins raak vandag in Pietermaritzburg slaags.

Die Dolphins sal hoop dit is sonskynweer nadat vier van hul sewe wedstryde tot dusver vanweë reën afgelas moes word.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: cape cobras  |  nashua titans

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.