Graeme slaan terug

2012-01-08 07:43
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die Proteas se sege in die beslissende toets op Nuweland het nie net aan dié span sy eerste tuisreekssege in meer as drie jaar en aan Graeme Smith ’n rekord-41ste oorwinning as toetskaptein besorg nie.

Dit was ook nét wat die Suid-Afrikaners nodig gehad het om die bitterbekke stil te maak, ná die vernederende loesing met 208 lopies voorverlede week op Kingsmead.

Smith is nou, saam met die voormalige Australiese kaptein Steve Waugh, op een na die kaptein met die meeste toets-oorwinnings nóg, nadat die Proteas Sri Lanka Vrydag met 10 paaltjies verslaan het om die reeks met 2-1 te beklink.

Die besoekers het sake voorverlede week op verrassende wyse met 1-1 gelykop gemaak, deur die tuisspan met 208 lopies in die tweede toets op Kingsmead te klop.

“Durban was nét die wekroep wat ons nodig gehad het, want dit het ons opnuut laat dink oor waarop ons dringend moet verbeter vir die moeilike pad wat voorlê,” het Smith gesê, met verwysing na sy span se toer na Nieu-Seeland aanstaande maand.

Smith-hulle kom ook later vanjaar in ’n weg-reeks teen Engeland te staan, voordat dié span probeer om sy epogmakende reekssege in Australië aan die begin van 2009 te herhaal.

“Om in dié plekke te gaan speel, is allesbehalwe maklik. Ons was baie lanklaas in Nieu-Seeland en dit gaan moeilik wees om weer gewoond te raak aan die toestande daar.”

Hy het erken dit was ’n verligting om weer in Suid-Afrika koning te kraai vir die eerste keer in meer as drie jaar.

“Dis lekker om uiteindelik weer ’n tuisreeks te wen, maar dis nie asof ons ál ons onlangse reeks hier verloor nie.Ons kon net nie altyd daardie uitklophou plant nie,” het hy gesê.

“Vir my is die belangrikste nie dat ons gewen het nie, maar hóé ons gewen het. Ons het dié keer ons wedstrydplan feitlik perfek uitgevoer en presies gedoen waaroor ons vooraf gepraat het.”

’n Veglustige Smith het ontken dat hy enige planne het om afstand te doen van die kapteinskap óf dat die keurders se geduld nou opraak met nóg twee hardebaarde, Jacques Kallis en Mark Boucher.

Hoewel Kallis sy kritici verkeerd bewys het met ’n dubbele honderdtal en die Speler van die Wedstryd-toekenning in die Moederstad, is die plekke van Smith en Bouchers steeds onder bespreking ná die treurmare op Kingsmead.

“Dít (gerugte dat Smith gaan bedank) verdien nie werklik eers ’n reaksie nie,” het dié 30-jarige Kapenaar gekap, nadat hy net 118 lopies (teen ’n gemiddelde van 29.50) in die reeks kon aanteken.

“Die seisoen is maar nog kort, maar ek voel nou beter as in ’n baie lang tyd. Ek moes swoeg teen Australië, maar ek het op die oueinde daardeur gekom en ’n honderdtal geslaan.

“Ek het goed gevoel in Durban en my paaltjie hier (op Nuweland) met ’n simpel hou weggesmyt. Ek sal aanhou om hard te werk – en hopelik kan ek daarop voortbou.”

Hy het ook in die bresse getree vir Boucher, wat ’n nagmerrietoets agter die paaltjies beleef en twee verspotmaklike vangkanse verbrou het.

“Ek dink beslis nie dat Mark ’n probleem is in die span nie, want ek kan nie onthou wanneer laas hy ’n vangkans voor dié toets verbrou het nie,” het Smith gesê.

“Die uitdaging elke seisoen is om van krag-tot-krag te gaan; tog voel dit asof baie mense probeer fout vind die laaste paar weke – of ons nou wen of verloor.

“As een speler se oë hom nie in die steek laat nie, is ’n ander een kwansuis oor die muur.”

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter

– Sport24

Lees meer oor: graeme smith  |  proteas  |  krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.