Graeme se raad oor 'wipplank'

2012-01-03 08:46
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Suid-Afrika moet geestelik sterker word as hy die gewoonte wil afleer om ’n uitstekende vertoning met ’n skokkende een op te volg.

Graeme Smith, die Proteas se beleërde krieketkaptein, kon gister nie verklaar waarom sy span die laaste jare só wipplank ry nie.

“Dis baie moeilik om te sê. Dis is nie asof ons nie hard en doelgerig oefen ná seges nie. Om die waarheid te sê, het ons vanjaar onder Gary (Kirsten) en sy span nóg harder geoefen,” het hy gesê voor die beslissende toets vandag hier op Nuweland teen Sri Lanka begin. “Ek dink ons moet bloot geestelik sterker word.”

Suid-Afrika het verlede week een van sy mees vernederende loesings sedert sy terugkeer tot die internasionale arena (in 1992) behaal toe Sri Lanka hom met 208 lopies in Durban slae gegee het.

En dit was ’n Sri Lankaanse span wat skaars ’n toets in die afgelope 18 maande kon wen én die eerste toets in Centu­rion met ’n beurt en 81 lopies verloor het.

Sri Lanka was voor die Durban-oorwinning segeloos in 16 agtereenvolgende toetse.

Dit is nie die eerste keer dat die Proteas ’n skittervertoning met ’n patetiese een opgevolg het nie. Die probleem kan teruggeneem word na 2008 toe hulle die laaste toetse van die reekse in Engeland en Australië verloor het. Ja, dit was wel “dooie toetse” nadat die Proteas die reekse al beklink het, maar die patroon het toe begin.

Suid-Afrika was in Februarie 2010 op die randjie van ’n rare reekssege in Indië ná die slagting in Nagpur, maar het toe weer in Kolkata in duie gestort.

Einde 2010 was dit weer dieselfde storie op eie bodem teen Indië. Suid-Afrika het die eerste toets in Centurion met ’n beurt gewen, voor hy in die Kersfeestoets in Durban weer sleg uitgesak het.

Dié tendens het in 2011 teen Australië voortgeduur nadat ’n wondersege hier met ’n nederlaag op die Wanderers opgevolg is.

’n Geharder geestelike span gaan nodig wees om in ’n veeleisende jaar staande te bly. Ná Sri Lanka, wag wegreekse in Nieu-Seeland, Engeland en Australië.

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter

Lees meer oor: graeme smith  |  krieket  |  proteas

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.