Graeme Smith bedank
2010-08-18 11:26
Johannesburg – Graeme Smith, kaptein van die Proteas, het pas aangekondig dat hy as kaptein van die Twintig20-span sal uittree.
Smith het ook bevestig dat hy sal uittree as ODI-kaptein.
Die Proteas se volgende Twintig20-wedstryd is op 8 Oktober teen Zimbabwe.
Gerald Majola, uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika, het bevestig dat die nuwe kaptein van Twintig20 oor ‘n maand aangekondig sal word.
Volgens Smith wil hy nog vyf of ses jaar speel en as hy hierdie doelwit wil bereik, moet hy sy verantwoordelikheid nou opgee, aangesien hy al nege seisoene lank vir Suid-Afrika speel en vir agt van hulle as kaptein gedien het.
- Sport24