G’n TV-oog in 2 toetse

2010-02-06 06:38
Tweets Share Share line Print

Altus Momberg

Nagpur-Die krieketskeidsregters in die toetsreeks tussen Indië en Suid-Afrika, wat vanoggend hier begin het, gaan weer net op hul oë en ore kan staatmaak om beslissings te maak.

Die omstrede verwysingstelsel wat in die onlangse toetsreeks tussen die Proteas en Engeland gebruik is, gaan nie in dié reeks aangewend word nie.

Die skeidsregters Ian Gould van Engeland en Steve Davies van Australië staan in die eerste toets.

Hulle kan steeds die TV-skeidsregter gebruik om te help met beslissings by uithardloop- en stonkkanse, maar dít is waar die TV-skeidsregter se betrokkenheid sal eindig.

Die Internasionale Krieketraad (IKR) het onlangs aangekondig dat die voormalige kaptein van die Wes-Indiese Eilande Clive Lloyd ’n ondersoek na probleme met die verwysingstelsel gaan lei.

Die ondersoek is gelas ná Engeland se klagtes tydens die vierde toets op die Wanderers in Johannesburg.

Graeme Smith, die Protea-kaptein, het gister gesê spelers het nie veel sê in besluite oor die verwysingstelsel nie.

“As die IKR die stelsel wil gebruik, moet dit konsekwent in alle toetse gebruik word.

“Ek dink nie dit moet op ’n aan-en-af-basis aangewend word nie.

“Die IKR moet meer verantwoordelikheid neem as hy dit wil gebruik.

“Uit ’n spelersoogpunt, kan jy maar net speel volgens die reëls. Dis dieselfde vir albei spanne,” sê Smith.

Sy ervare spanmaat Jacques Kallis glo dit moet net gebruik word solank ál die hulpmiddels vir die TV-skeidsregter beskikbaar is.

“Ek was in die verlede ’n groot ondersteuner van die verwysingstelsel, maar as alles nie beskikbaar is nie, moet dit nie gebruik word nie,” sê Kallis.

Die infrarooi-kamerastelsel, oftewel Hot Spot, is nie gebruik in die onlangse reeks in Suid-Afrika nie en dit het beslissings oor vangskote agter die paaltjies bemoeilik.

Kallis het ook gesê hy glo spanne het die verwysingstelsel gebruik om 50/50-beslissings te toets, terwyl die doel slegs was om ooglopend verkeerde beslissings te verander.

“Ek dink die verwysings moet dalk van twee tot een per beurt verminder word.

“Dit sal die spanne dalk dwing om dit slegs vir die heel ergste foute te gebruik.”

Sport24 verneem ook dat die Proteas nie ontevrede is dat die stelsel nie gebruik gaan word nie.

Hulle glo in Indië, waar draaibalboulers die groot gevaar inhou en dikwels appelleer vir vangskote digby die penne, Hot Spot tot meer beslissings téén kolwers sou gelei het.

Daarsonder sal skeidsregters egter, wanneer hulle onseker is oor fyn randjies, die voordeel van die twyfel aan die kolwer gee.
 
-Die Burger

Lees meer oor: proteas  |  sa in indië

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.