Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Gibbs kook vir span in Melbourne

2011-12-23 07:35
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Die voormalige Proteas-kolwer Herschelle Gibbs was gister saam met die Aussie Shaun Marsh die kolfhelde in die Perth Scorchers se Big Bash-sege met 8 paaltjies oor die Melbourne Renegades.

Die Scorchers is met hul tweede wedstryd in die Australiese t20-krieketreeks terug op die wenpad, danksy Gibbs (57, 36 b) en Marsh (99*, 52 b) wat 95 lopies in net 9.4 boulbeurte om die eerste paaltjie aangeteken het.

Hul span het vanweë die stewige grondslag eindelik met 192/2 met nog vier balle oor geantwoord nadat die tuisspan 188/3 aangeteken het.

Marsh is as die Speler van die Wedstryd aangewys. Hy is op die nippertjie ingesluit om te wys hy is oorgehaal vir die eerste toets teen Indië wat Maandag begin.

Dit was sy eerste kolfbeurt sedert hy sy rug in die eerste toets teen Suid-Afrika in Kaapstad beseer het. Marsh het die wedstryd gepas met ’n ses reguit oor die kop van Abdul Razzaq beëindig.

Dié Pakistanse bouler gaan in Suid-Afrika se blitsreeks, die Pro20, vir die Lions speel.

Hy het as aflosbouler 34 lopies van 2.2 beurte afgestaan.

Gibbs het met Razzaq se vyfde aflewering teen die kolfblad afgewals en ’n reuse-ses oor middebaan geslaan. Hy het met Razzaq se volgende stadiger aflewering oorleef toe Andrew McDonald die vangskoot verbrou het. McDonald was later die bouler toe Gibbs op die grens gevang is.

Razzaq se landgenoot Shahid Afridi wat ook vir die Lions kom speel, het 36 lopies in sy vier boulbeurte afgestaan nadat Marsh van sy boulwerk ’n lewe gegun is.

Die Renegades se aanvangsbouler Shaun Tait (0/40), wat vir die Dolphins beskikbaar gaan wees, het ’n vinnige aflewering van 148.7 km/h afgestuur, maar kon ook nie ’n paaltjie kry nie.

Die aanvangskolwer McDonald (50, 33b) en Aaron Finch (49, 40b) en veelsydige Razzaq (27*, 17b) het die beste met die kolf vir die tuisspan gevaar.

Finch is ná sy kolfbeurt hospitaal toe met ’n vermoedelik ’n geperforeerde long, berig The Australian.Hy het 22 gehad toe Ben Edmondson hom op die ribbekas raak geboul het ná ’n onsuksesvolle trekhou.

– Die Proteas se Johan Botha en Alfonso Thomas speel vandag (09:50 op SS2) vir die Adelaide Strikers teen die Sydney Thunder.

Botha het toestemming van Krieket Suid-Afrika gekry om in die eerste deel van die blitsreeks te speel ter voorbereiding vir die kitsreeks teen Sri Lanka.

- Volg Nuus24Sport op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: herschelle gibbs
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.