Geskiedenis pla Amla nie
2011-10-27 21:10
Durban – Hashim Amla, Protea-kaptein, is nie bekommerd oor Australië se goeie rekord in eendagwedstryde in Durban nie.
“Statistieke maak geen verskil aan ons nie en ons sal net by die proses bly en kyk wat gebeur op die dag,” het hy Donderdag gesê.
Die twee tradisionele vyande sê mekaar Vrydag die stryd aan in Durban, waar Australië vier van die ses eendagwedstryde wat hulle al hier gespeel het, gewen het.
“Daar is baie dinge wat ons nie kan beheer nie, soos die weer, en nog baie ander dinge wat by ‘n wedstryd ingaan, maar ek dink nie enigiemand dra te veel bagasie van die verlede nie.”
Die weer kan ‘n belangrike rol speel, nes dit 10 dae gelede in die eerste eendagwedstryd in Centurion het.
Reën word vir Vrydagmiddag voorspel en swaar reën word in die aand verwag.
- Volg Nuus24Sport op Twitter
- SAPA