Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Gayle se kanonkolf spook ...

2011-05-24 09:41
Tweets Share Share line Print

Moembai. – Dinsdag se eerste kwalifiserende krieketwedstryd hier vir die eindstryd van die Indiese Premierliga – tussen die Royal Challengers Bangalore en die Chennai Super Kings – is die tweede wedstryd in drie dae tussen dié spanne.

Die Suid-Afrikaners AB de Villiers en Albie Morkel speel onderskeidelik vir die Royal Challengers Bangalore en die Chennai Super Kings.

Die Challengers het Sondag se wedstryd met 8 paaltjies gewen om eerste op die puntelys te eindig. Die Super Kings, die kam­pioene, het slegs een ligapunt minder verdien.

Dinsdag se wenspan sal tot Saterdag se eindstryd in Chennai deurdring. Dit is egter nie neusie verby vir vandag se verloorder nie.

Die verloorspan kry Vrydag nog ’n kans om die eindstryd te haal. Hy sal dan in die tweede kwalifiserende wedstryd teen die wenner van Woensdag se uitspeelstryd – tussen die Mumbai Indians en die Kolkata Knight Riders – om ’n plek in die eindstryd slaags raak.

De Villiers het 10 keer in 13 van sy span se 14 wedstryde gekolf. Hy het 262 lopies aangeteken, wat 2 vyftigtalle insluit. Met die koms van Chris Gayle het hy op nr. 4 in die kolforde nie altyd soveel boulbeurte tot sy beskikking gehad nie.

Gayle is die reeks se topkolwer met 511 lopies van 273 balle in 9 kolfbeurte tot dusver. Hy het ’n gemiddelde van 85.16 en het 2 honderdtalle en 2 vyftigtalle aangeteken. Hy het 47 viere en 38 sesse gemoker.

Die Chennai Super Kings het die spanne se eerste wedstryd met 21 lopies gewen. Gayle het toe nog nie gespeel nie en Morkel-hulle sal ’n sug van verligting slaak as hulle dié lenige Jamaikaan vroeg kan uithaal.

Morkel het tot nou ’n goeie bydrae met die bal én die kolf gelewer nadat hy nie in die Wêreldbeker-toernooi vir die Proteas gespeel het nie.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: chris gayle  |  ipl  |  krieket
VOLGENDE OP NUUS24X

Neusie verby vir Proteas

2013-06-19 18:11

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Krieket-kommentaar

Maka Drama sê... Nee, hulle is chokers, nie tjokkers of chockers of tjoklits nie. Daar's dieselfde soort verskil tussen 'n speller en 'n speler. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Paulshof - 18:58 PM
    Road name: Witkoppen Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Cambridge Road
  • Wednesday Broadacres - 17:38 PM
    Road name: Cedar Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at 3rd Street
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.