Gary se hoop op Zaheer

2010-12-26 09:00
Tweets Share Share line Print

Gary Kirsten

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg - Sy emmersvol ervaring en kennis van Suid-Afrikaanse krieket help net mooi niks as sy spelers dit nie toepas nie.

Só het Gary Kirsten, die Indiese afrigter, gesê oor sy span se kans om die reeks teen die Proteas van vandag af gelykop te maak.

Kirsten-hulle, die nommer 1-toetsspan ter wêreld, is vroeër die week in Centurion met ’n beurt en 25 lopies verneder deur die tuisspan en vernaamste aanspraakmaker op dié kroon.

“Dis eenvoudig: ons móét 20 paaltjies plattrek voor ons eers kan begin dink aan ’n sege,” het Kirsten gesê, nadat die Indiese boulers net vier Suid-Afrikaanse paaltjies kon plattrek op SuperSportpark.

“Ons het die afgelope drie jaar gewys dat ons oor die aanval beskik om dit te doen in enige toestande, maar ons moet onsself hier opnuut bewys aan onsself en almal anders.”

Die toerspan sal boonop aangevuur word deur die terugkeer van sy skerpste boulangel, Zaheer Khan, wat die eerste kragmeting weens ’n dyspierbesering misgeloop het.

“Dis fantasties om hom terug te hê, want hy is ’n bouler van wêreldgehalte. Met hom in die span kan ons uitsien na wat
ookal oor die volgende vyf dae op ons wag,” het Kirsten gesê.

En sy kolwers sal nie wéér onkant betrap word nie, het dié voormalige Protea-ster belowe.

Die Indiërs is vir ’n skamele 136 uitgeknikker, nadat Graeme Smith die loot gewen en die besoekers eerste ingestuur het op ’n blad vól duiwels.

“Ek glo steeds dat ons goed voorbereid was vir die eerste toets, maar dat ons net bitter ongelukkig was om eerste te moes kolf op ’n moeilike blad,” het Kirsten gesê.

Tog is sy span nie moedverlore nie: “Die ouens werk so hard as wat ek hulle nóg sien werk het en is desperaat om goed te doen. As net één van ons kolwers hier aan die gang kan kom, sál ons minstens 400 aanteken in ons eerste beurt.”

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.