Faf aan die stuur
2013-01-21 07:20
Kaapstad – Faf du Plessis gaan vir die res van die eendag-krieketreeks teen Nieu-Seeland die leisels by AB de Villiers oorneem ná laasgenoemde vir die oorblywende wedstryde teen die Kiwi's geskors is, het Sport24 berig.
De Villiers is gestraf nadat sy span sy boulbeurte heeltemal te stadig afgestuur het in die nederlaag Saterdag by Bolandpark in die Paarl.
Du Plessis was verlede jaar ook kaptein toe die Proteas in die T20-reeks teen die Swartpette te staan gekom het.
Dit volg ná Hashim Amla, die onderkaptein, gevra het om nie as kaptein oorweeg te word nie omdat hy op sy kolfwerk wil konsentreer.
“Ons het gehoor gegee aan dié versoek,” het Andrew Hudson, hoof van die keurders, in ’n verklaring gesê.
Só lyk die toetsgroep:
Graeme Smith (Cape Cobras, k), Hashim Amla (Dolphins), AB de Villiers (Titans), Faf du Plessis (Titans), Dean Elgar (Knights), Jacques Kallis (Cobras), Rory Kleinveldt (Cobras), Morné Morkel (Titans), Alviro Petersen (Lions), Robbie Peterson (Cobras), Vernon Philander (Cobras), Jacques Rudolph (Titans), Dale Steyn (Cobras).
– Lees hier meer.
– Volg Nuus24Sport op Twitter.