Engelse veg terug
2009-12-17 18:41
Centurion - Ná hulle die Suid-Afrikaners kort ná teetyd op die tweede dag van die eerste toets vir 418 uitgeboul het, het die Engelse teruggeveg en die dag op 88-1 afgesluit.
In die afwesigheid van die beseerde Dale Steyn, was Makhaya Ntini die aanvangsbouler.
Friedel de Wet, wat sy toetsdebuut vir die Proteas gemaak het ná Dale Steyn se besering, het 'n wankelrige begin met die bal gehad, maar in die derde boulbeurt het hy sy eerste toetspaaltjie gevier toe Alistair Cook vir 15 uitgevang is deur Boucher.
Aan die einde van die dag was Andrew Strauss op 44 en Jonathan Trott op 'n onoorwonne 18.
– Sapa