Engeland se loesing sal SA laat glimlag

2012-01-30 07:01
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die Suid-Afrikaanse krieketspan is binne bereik van die nommereen-plek op die wêreldtoetsranglys ná Engeland se skoknederlaag in die tweede toets teen Pakistan in Aboe Dhabi.

Die Engelse is Saterdag vir ’n rekord-lae 72 uitgeknikker op soek na ’n karige wenteiken van 145 nadat hulle hul laaste 5 paaltjies vir net 4 lopies verloor het.

Dié glips het boonop aan die Engelse hul eerste reeks­nederlaag sedert 2009 besorg nadat hulle ook die eerste toets in Doebai teen alle verwagtinge in met 10 paaltjies verloor het.

Die Pakistanse draaiers Saeed Ajmal (3/22) en Abdur Rehman (6/25) het saam nege van die kolwers laat terugstap, met nét Andrew Strauss (32) en Matt Prior (18) wat dubbelsyfers kon behaal.

Dié telling is die besoekers se swakste tot nog toe teen Pakistan en net die tweede keer in die geskiedenis dat Engeland nie by ’n teiken van minder as 150 kon uitkom nie.

Sou die Engelse segeloos bly in die laaste toets, wat Vrydag in Doebai begin, en die Proteas maak met 3-0 skoonskip in hul komende reeks teen Nieu-Seeland, sal Graeme Smith se span die Engelse op die Internasionale Krieketraad (IKR) se amptelike toetsranglys onttroon.

“Dis moeilik om te dink aan ’n pynliker nederlaag in my loopbaan,” het Strauss, die Engelse kaptein, gister aan cricinfo.com gesê.

“Ons het feitlik álles reg gedoen, maar kon nie die laaste spyker in hul (Pakistan se) doodskis kap nie.”

Volgens hom was dié Engeland se “beste kans in baie jare” om ’n sege op die subkontinent te behaal – iets wat dié span reeds vir meer as ’n dekade lank ontwyk.

Sport24

– Volg Nuus24Sport op Twitter

Lees meer oor: krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.