Engeland klop Proteas met vier paaltjies
2012-08-31 21:46
Kaapstad – Engeland het die Proteas Vrydagaand met vier paaltjies geklop tydens hul derde eendagwedstryd op Oval in Londen.
Die Proteas het 211 lopies aangeteken nadat hulle die loot gewen en besluit het om eerste te kolf.
Dit is Engeland se eerste wedstryd sedert die kaptein van die eendagspan, Alastair Cook, ook as toetskaptein gekies is nadat Andrew Strauss Woensdag sy uittrede uit krieket aangekondig het.
So lyk die spanne:
Engeland: Alastair Cook (kaptein), Ian Bell, Jonathan Trott, Ravi Bopara, Eoin Morgan, Craig Kieswetter (paaltjiewagter), Samit Patel, James Tredwell, Steven Finn, James Anderson, Jade Dernbach
Suid-Afrika: Graeme Smith, Hashim Amla, JP Duminy , AB de Villiers (kaptein/paaltjiewagter), JP Duminy, Faf du Plessis, Wayne Parnell, Robin Peterson, Dale Steyn, Morne Morkel, Lonwabo Tsotsobe
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.