Elgar plaas SA A in beheer
2011-04-13 21:00
Johannesburg - Dean Elgar het Woensdag sy 13de eersteklas-honderdtal aangeteken om Suid-Afrika A te help om voort te bou op hul oorheersing oor Bangladesj A op die eerste dag van die tweede vierdaagse wedstryd tussen die twee spanne op die Maritzburg Oval.
Die tuisspan het die loot gewen en 233/2 bereik teen die einde van spel, wat tot 62 boulbeurte beperk is.
Elgar het afgesluit op ‘n onoorwonne 120 (194b). Hy het ‘n onoorwonne vennootskap van 147 om die derde paaltjie met Farhaan Behardien (75, 116b) gedeel.
Die platform vir die goeie telling is gelê deur Elgar en Andrew Puttick, wat in hul openingsvennootskap 79 van 22 boulbeurte aangeteken het.
Bangladesj het ses boulers ingespan. Die veteraan Mohammad Ashraful het die beste boulsyfers behaal met 1/33.
- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter
- SAPA