Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

'Ek was kwaad vir Hansie' – Richardson

2012-05-30 14:30
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Toe Hansie Cronjé tien jaar gelede in 'n vliegongeluk dood is, het krieket terselfdertyd 'n inspirerende leier en die spel se bekendste, selferkende bedrieër verloor.

"Hy was 'n wonderlike leier van mense wat in staat was om die beste uit sy spelers te kry," het 'n voormalige spanmaat en huidige afrigter van die Proteas, Gary Kirsten, gesê toe hy gevra is vir sy beste herinnering van dié sportlegende wat lewenslank vir wedstrydknoeiery geskors is.

Cronjé, wat Suid-Afrika in 27 oorwinnings en slegs 11 nederlae in 53 toetse gelei het, was die enigste passasier aan boord die ligte vliegtuig wat op 1 Junie 2002 naby George teen 'n steil hang neergestort het.

Hy was 32.

"Hansie was 'n fantastiese spanmaat en kaptein, altyd positief, entoesiasties en ondersteunend," het die Proteas se voormalige paaltjiewagter Dave Richardson gesê.

Richardson het gesê sy reaksie toe besonderhede oor Cronjé se betrokkenheid by knoeiery aan die lig gekom het, "was een van groot teleurstelling, 'n bietjie woede asook simpatie vir iets wat jy niemand toewens nie".

Nietemin het Richardson gesê dat daar 'n positiewe kant was van die onthullings wat by die King-kommissie se ondersoek na bewerings oor wedstrydknoeiery gemaak is.

"Voor die King-kommissie het die meeste mense geglo dat die probleem, as daar ooit een was, beperk was tot die sub-kontinent. Die King-kommissie was baie effektief. Die spelers is ondersoek en as hulle skulidig bevind is, is hulle gestraf."

Bykomend tot Cronjé se lewenslange skorsing is Herschelle Gibbs en Henry Williams tot die einde van 2000 geskors omdat Cronjé hulle oortuig het om swak te speel in 'n eendagwedstryd in Nagpur in ruil vir betaling.

Richardson het gesê hy glo dat die stappe wat deur die Internasionale krieketraad (IKR) geneem is om korrupsie te beveg, voldoende is.

"Vandag kan geen internasionale speler met sy hand op sy hart sê dat hy nie bewus is van die gevare en van sy verwantwoordelikhede nie. Ongelukkig wil die omkopers die spelers nie alleen laat nie; die stryd duur voort."

Kirsten het saamgestem dat die King-kommissie gehelp het om die spel skoon te kry.

"Dit het 'n beter bewustheid geskep van die gevolge om by so iets betrokke te raak."

Ali Bacher, destydse administrateur van die Verenigde Krieketraad van Suid-Afrika, het op die vooraand van die tien-jaar-herdenking van Hansie se dood gesê hy voel jammer vir die Cronjé-familie.

"Dit is iets wat hulle altyd sal bybly."

Bacher glo Cronjé het besef dat hy vasgekeer is en dat hy uit die kloue van sy omkopers wou ontsnap.

"Daar was twee voorvalle, as ek daarna terugkyk, wat gewys hoe graag hy wou ontsnap," het Bacher gesê.

"Die eerste een was in 1999 toe hy 'n aanbod aanvaar het om Glamorgan af te rig en te speel alhoewel hy steeds 'n kontrak met die Proteas gehad het."

"In daardie stadium was hy op die kruin van sy loopbaan. Ek was ontsteld met Glamorgan en het daarin geslaag om hulle te oorreed om die aanbod terug te trek."

"Die tweede voorval was terwyl die spelers in 2000 in Indië op toer was. Ek het 'n wedstrydskedule aangestuur vir 'n toer van Sri Lanka later die jaar sodat hy dit kan goedkeur. Toe kry ek 'n boodskap terug wat sê ek moet die skedule vir Shaun Pollock, onderkaptein, stuur want hy (Hansie) sal nie op die toer wees nie.

Bacher het gesê daar was baie openbare ondersteuning vir Cronjé tydens die King-kommissie.

"Baie mense het my gekritiseer vir die feit dat Hansie lewenslank geskors is, alhoewel dit die IKR se reël was en tot vandag toe glo ek dat daar ongelooflike simpatie vir hom was."

Daar was geen kommunikasie tussen ons nadat die saak aan die regering oorhandig is nie, maar hy het my een keer gebel. Hy het so sleg geklink. Hy was heeltemal verwoes."

Volg Nuus24Sport op Twitter.

- AFP

Lees meer oor: hansie cronjé
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
53 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

East Rand
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Group Accountant

East Rand
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.