Ego’s knou Indië, sê Harris

2010-02-12 10:20
Tweets Share Share line Print

Altus Momberg

Kolkata - Terwyl daar toenemende druk op die Indiese draaiboulers is om die tweede toets hier teen Suid-Afrika te help verower, is hul Suid-Afrikaanse eweknie, Paul Harris, vol vertroue dat hy wéér ’n beduidende rol in die Proteas se sukses kan speel.

Harris was van een van die besoekers se helde op die laaste dag van die eerste kriekettoets toe Suid-Afrika met ’n beurt en 6 lopies gewen het.

Dié lang Protea-linksdraaier, wat onder groot druk was voor die eerste toets, het vandeesweek sy boulfilosofie verduidelik nadat hy net 76 lopies in 38 boulbeurte in Indië se tweede beurt afgestaan het.

Die groot geheim, volgens Harris, is dat ’n draaier met groot geduld teen Indië se gedugte kolflys moet boul.

“Hulle het almal groot kolfego’s wanneer dit by oorsese draaiboulers kom.

“As jy hulle kan stil hou vir ’n tydperk, gaan hulle jou beslis probeer aanvat.

“Hulle gaan nie vir ses boulbeurte aanmekaar die bal uit die voetmerke wegstamp met hul beenskutte nie.

“Hulle mag dit dalk vir vyf beurte doen, maar dan gaan hul waag. En hulle almal het,” het Harris verduidelik.

Hy het ’n middelmatige reeks teen Engeland beleef en daar is druk voor die eerste toets bespiegel dat Johan Botha sy plek in die toetsspan sou neem, maar hy het sy waarde in die toets gewys.

Harris wou niemand egter probeer verkeerd bewys nie.

“Ek dink ek wou meer vir myself iets bewys. As Suid-Afrikaanse draaibouler is jy altyd in die kollig.

“Ek het vyf paaltjies in ’n beurt in die Centurion-toets teen Engeland gekry, maar twee toetse later het mense my kop geëis. Ek het gedink dat dit effe onregverdig was.”

Harris, ’n voormalige Kapenaar, steur hom ook nie daaraan dat hy daarvan beskuldig word dat hy ’n negatiewe lyn en lengte in die eerste toets geboul het nie.

“Nee ek dink dis wat die situasie in die toets vereis het. Daai middelbeurte is nogal moeilik in Indië. Jy wag totdat die bal omgekeerde swaai toelaat.

“En kom ons wees eerlik. Draaiboulers wen nie toetse vir Suid-Afrika in Indië nie.

“Ons weet ons krag lê in ons snelboulers. My taak was om sake onder beheer te hou tot en met die bal weer begin swaai het,” sê Harris.

Harbhajan Singh, Indië se voorslag-draaier, is onder druk voor die tweede toets Sondag begin, maar glo ’n mens moet eerder die Suid-Afrikaanse kolwers krediet gee vir hul vertoning in Nagpur.

“Jy kan nie in elke beurt vyf paaltjies neem nie,” het Harbhajan aan die Hindustan Times gesê.

“Hulle is hier om te speel, nie om vakansie te hou nie.” Harbhajan is vol vertroue dat sy beste peil om die draai is. “Ek weet wat om te doen om sukses te behaal. “Ek het die ondersteuning van my span. Ek gee dus nie om wat enigiemand anders sê nie.”
 

- Volksblad

Lees meer oor: sa in indië

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

ardugpc sê... Regstelling, Woensdag was die tweede dag van toets/oefensessie. Wat ons ook nie moet vergeet nie is dat Rubens Barrichello verlede jaar 'n paar keer op no 1 plek gestaan het met die oefensessies, maar met nie veel sukses in die seisoen nie. 'n Mens kan 'n gevoel kry van hoe die karre se betroubaarheid is, maar hier word ongelukkig geen punte toegeken nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bfn: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 77kW 5-dr MY10
2010
R 165,000.00

FORD

Bantam 1.6i XLE PU MY09
2009
R 134,900.00

FORD

Ikon 1.3i L
2005
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.