Eendeweer vertraag laaste dag op Wanderers
2011-11-21 11:12
Johannesburg – Reën in Johannesburg het die laaste dag van die tweede kriekettoets tussen Suid-Afrika en Australië Maandag op die Wanderers vertraag.
Die Proteas loop tans 1-0 voor in die reeks van twee toetse nadat hulle die Aussies se sterte in Kaapstad geknoop het.
Ricky Ponting (54*) en sy kaptein, Michael Clarke (1*), sal die besoekers se lopiejaagtog Maandagoggend op 142/3 hervat nadat die tuisspan se kolfstert hom vroeër in staat gestel het om 339 in sy tweede beurt aan te teken.
Die Aussies benodig 168 lopies vir 'n oorwinning.
Volg die telling regsteeks op Nuus24 se tuisblad.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA