Duminy moet oppas na beslissings

2010-03-03 08:36
Tweets Share Share line Print

Henk Steenkamp

Port Elizabeth - Die draaiboulers sal voortaan deur krieketkapteins nadergeroep word wanneer JP Duminy voor die paaltjies stelling inneem.

Dit sal egter nie Dinsdagaand op Nuweland in Kaapstad in die tweede wedstryd van die een halfeindstryd in die Standard Bank Pro20-reeks wees nie.

Duminy sal weens ’n handbesering wat hy op die onlangse toer van die Suid-Afrikaanse span in Indië opgedoen het, nie vir die Cobras teen die Warriors kan speel nie.

As die Warriors se wegbreker Johan Botha en die linksdraaier Nicky Bojé dalk lippe afgelek het om op Duminy toe te sak, sal hulle maar vir ’n volgende keer moet wag.

Op die toer in Indië het Duminy vyf keer gekolf.

Elke slag is hy been voor paaltjie uitgegee.

Dit sluit die tweedaagse oefenwedstryd aan die begin van die toer in.

In die twee toetse het hy drie keer gekolf en is al drie keer been voor paaltjie uit teen die draaier Harbhajan Singh.
Duminy sal met sy volgende kolfkans hoop hy word nie weer só uitgegee nie.

Volgens die statistikus Andrew Samson is daar twee kolwers in eersterangse krieket wat sewe keer ná mekaar b.v.p. uit was.
Hulle is Vishal Bhatia (vir Himachal Pradesh en North Zone) tussen Desember 2003 en November 2004, asook Alester Maregwede (vir Zimbabwe se o.23’s en die Southerns) tussen November 2005 en Mei 2007.

Volgens Samson is dit onmoontlik om vas te stel of dieselfde skeidsregters by dié b.v.p.-beslissings betrokke was.

Hy meen dit is hoogs onwaarskynlik dat die dieselfde skeidsregters vir ’n lang tydperk dieselfde kolwer ná mekaar op dié manier sou uitgee.
Duminy kan minstens daaruit moed skep.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Johan sê... Baie intresante span wat gekies is vir Cheeta game. Sien uit na die seisoen!!!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 20-30°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Widely scattered tstorms. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i E46 AT
2003
R 109,990.00

MERCEDES

CLK 430 Cabriolet AT
2000
R 210,000.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2004
R 95,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.