Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Droomdebuut vir Kyle Abbott

2013-02-24 08:30
Tweets Share Share line Print

Centurion – 'n Week gelede het Kyle Abbott nie geweet hy gaan vir die Proteas speel nie en sy internasionale loopbaan kon nie op 'n beter noot afskop nie.

"Ek het die afgelope twee dae niks geslaap nie, so my verstand funksioneer nie regtig nie," het Abbott gesê nadat hy sewe paaltjies vir 29 lopies in sy Protea-debuut in die derde en laaste toets teen Pakistan ingepalm het.

"Dit is die eerste keer wat my hande nie sweet nie en ek het nie 'n knop op my maag nie, so wanneer alles verby is, sal dit dalk stadig insink."

Die Dolphins-naatbouler is met 'n plek in die span beloon vir sy 141 paaltjies in 37 wedstryde nadat Morné Morkel hom weens 'n besering aan die derde toets onttrek het.

Gary Kirsten het Donderdag, op die vooraand van die derde toets, aan hom gesê Jacques Kallis is in die nette beseer, maar Abbott het dit nie ernstig opgeneem nie – totdat die afrigter hom 16:00 daardie middag gebel het om te sê hy speel.

"Dit was 'n spesiale dag en 'n ongelooflike paar dae met die ouens," het Abbott gesê.

"Om te sien hoe die voorste span in die wêreld dinge doen en om die hele struktuur met die ondersteuningspersoneel te ervaar is net 'n ongelooflike ervaring."

Abbott het gesê die voormalige krieketspeler Friedel de Wet het een keer aan hom gesê "om altyd 100% te gee en niks in ruil daarvoor te verwag nie", en dít het hy dié seisoen gedoen.

"Ek het uitgegaan en alles wat buite my beheer is agtergelaat. Ek dink die ander naatboulers se vertoning was dalk vandag beter as myne, maar dit was die druk wat ons aan albei kante geskep het.

"Dale Steyn en Vernon Philander is wêreldklas en dit kon vandag enigeen se dag gewees het, maar gelukkig was dit myne."

Abbott het ook gesê die Protea-kaptein Graeme Smith was fantasties en toe die kaptein ná elke boulbeurt na hom toe gekom het, was dit nie om vir hom raad te gee nie.

"Graeme het elke keer na my toe gekom om te vra of ek nou klaar is," het hy skertsend gesê.

"Die woord 'nee' het elke keer by my mond uitgekom. Hy was ongelooflik en ek is met oop arms in die span verwelkom. Ek voel regtig deel van die span en dit is maar net drie of vier dae. Dit is wonderlik."

– Volg Nuus24Sport op Twitter

- SAPA

VOLGENDE OP NUUS24X

Cheetahs weer op spoed

2013-05-18 21:23

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.