Driekuns vir Broad teen Indië
2011-07-30 22:03
Nottingham, Engeland – Die Engelse snelbouler Stuart Broad het Saterdag 'n driekuns behaal op die tweede dag van die tweede toets teen Indië op Trent Bridge.
Broad het Mahendra Singh Dhoni op tweede glip laat uitvang voor hy Harbhajan Singh been-voor-paaltjie betrap het. Praveen Kumar is skoongeboul met die driekuns-bal.
Tim Bresnan het Rahul Dravid, wat 117 lopies aangeteken het, drie balle later uitgehaal.
Indië het tot 273-9 uitgesak om die kolfbeurt met 52 lopies voor te loop.
Broad het vier paaltjies in agt balle platgetrek, met Suresh Raina wat op 62 uitgevang is voor hy sy driekuns in 'n nuwe beurt behaal het.
– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- Sapa - AP