‘Draaier Herath kan laaste sê in dié stryd hê’

2011-12-29 09:11
Tweets Share Share line Print

Al het Sri Lanka ’n massiewe voorsprong van 426 lopies hier op Kingsmead in die tweede kriekettoets, is daar nog geen teken dat die lopiekraan toegedraai gaan word nie.

“Ons sal môreoggend (vanoggend) voortkolf en Suid-Afrika hopelik ’n teiken stel waarby hulle nie sal kan uitkom nie,” het Kumar Sangakkara, die sterkolwer van hul tweede beurt gister, gesê.

Sri Lanka het 256/7 gekry, met Sangakkara wat 108 aangeteken het.

“Krieket is ’n vreemde spel en enigiets is nog moontlik. Ek glo hulle kan 400 lopies kry op die laaste twee dae en daarom moet ons nie nou gerus raak nie.

“Ons sal ons koppe bymekaar moet sit en sorg dat ons die geestelike stryd wen. Dit gaan ’n baie subtiele stryd wees om die oorhand te kry,” het Sangakkara gesê.

“Die blad is nog goed vir kolfwerk en behoort nog die laaste twee dae ook te wees.

“Ons is dalk nou wel in ’n gunstige posisie, maar dit moet steeds verstewig word. Ons het lanklaas (15 toetse) een gewen en ons kaptein (Tillakaratne Dilshan) weet ook nie hoe dit voel om ’n toets aan die stuur te wen nie.

“Al die spelers sal oor die volgende twee dae ’n bydrae moet lewer deur hul insette en hulp te gee.

“Dit moet nie net die senior spelers wees wat raad gee nie, maar ook die jonges, want hulle het dikwels vars idees wat baie waardevol kan wees.”

Volgens Sangakkara gaan die draaier Rangana Herath ’n belangrike rol speel in die laaste beurt en ’n handvol wees om te hanteer op ’n blad wat heelwat draai verskaf.

Op die vraag of hy ’n boodskap vir die oud-kaptein van Suid-Afrika, Kepler Wessels, het wat voor dié toets gesê het hy kan nie sien hoe Sri Lanka met hul swak kolfwerk kan terugkom in die reeks nie, het Sangakkara gesê sulke opmerkings kan ’n span motiveer.

“Sy kritiek was geldig in Centurion, maar ons het baie goed teruggeveg in hierdie toets en gewys wat ons kan doen. Ons moet egter nie vergeet dat die toets nog nie verby is nie. Daar is nog harde werk wat voorlê vir die boulers om die sege te bewerkstellig.

“Ons sal moet kophou en nie nou laat slaplê nie.”

Wat Graeme Smith se verbroude vangskoot betref toe hy maar slegs drie lopies gehad het, het Sangakkara breed geglimlag en gesê: “Ek het daardie geluk nodig gehad. Vandag was my dag.”

Sport24

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter

Lees meer oor: proteas  |  krieket  |  sri lanka

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.