De Kock straks uit Protea-groep oor stamp
2013-01-15 11:43
Kaapstad – Die Lions se paaltjiewagter, Quinton de Kock, kan die Proteas se eendagreeks teen Nieu-Seeland misloop na hy glo ‘n speler van die Cobras gestamp het tydens ‘n wedstryd op Nuweland.
Volgens Sport24 kan De Kock vir twee wedstryde geskors word ná hy glo die Cobras se Allister Gray gestamp het.
De Kock is deel van die Proteas se eendag-groep vir die komende reeks teen Nieu-Seeland wat Saterdag in die Paarl begin.
Justin Ontong, kaptein van die Cobras, is glo ook in die moelikheid na sy span deur die skeidsregters Brian Jerling en Shaun George skuldig bevind is aan balpeutery.
Michael Owen Smith, woordvoerder van Krieket Suid-Afrika, het gesê beide spelers se verhore sal dié week afgesluit word.
Indien die spelers skuldig bevind word sal dit ook hul deelname in internasionale krieket beïnvloed.
Lees hier meer.
Die Proteas se eendag-groep lyk so:
AB de Villiers (kaptein), Hashim Amla, Farhaan Behardien, Quinton de Kock, Faf du Plessis, Colin Ingram, Rory Kleinveldt, Ryan McLaren, Morne Morkel, Robin Peterson, Aaron Phangiso, Graeme Smith, Dale Steyn, Lonwabo Tsotsobe.
– Volg Nuus24Sport op Twitter