Dale kry ruskans

2012-01-19 22:12
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die Proteas-afrigter Gary Kirsten is opgewonde oor mededinging vir plekke in die span en sê dit dien sy langtermyn-strategie goed.

“Ons is in die industrie van krieketwedstryde wen, so ek hou dit in gedagte,” het Kirsten Donderdag gesê.

“Dit is egter belangrik vir ons om aan te hou bou en deurentyd sukses te behaal en om dit te doen het ons ‘n groot groep spelers nodig. Ons moet, as ‘n krieketnasie, meer as net 11 spelers kan bied.”

Die afrigter sal sy rotasiebeleid aanhou toepas vir die oorblywende twee wedstryde teen Sri Lanka in die reeks waarin Suid-Afrika reeds 3-0 voorloop.

Wayne Parnell is by die span vir die vierde eendagstryd teen Sri Lanka in Kimberley ingesluit, met Dale Steyn wat die res van die reeks ‘n ruskans sal geniet.

Parnell het laas vir die Proteas by die Wêreldbeker-kriekettoernooi in Maart verlede jaar gespeel en hy lyk skerp in die nette.

“Ons het nog die heeltyd beplan om te eksperimenteer in hierdie reeks en dit is belangrik dat ons spelers ontwikkel en groei, sodat ons ‘n groep van 16 of 17 spelers het wat ons in enige stadium kan kies,” het Kirsten gesê.

“Die opwindende ding is dat daar mededinging vir plekke in die span is en dit is belangrik – nie net in die eendagspan nie, maar ook in die Toetsspan ding mense mee om plekke.”

Kirsten het ook Suid-Afrika se nuwe eendagkaptein, AB de Villiers, geprys vir die manier waarop hy sy nuwe rol as kaptein en paaltjiewagter benader.

“AB is tot dusver heel kreatief en dit is goed vir ons,” het Kirsten gesê.

“Hy het ook die boulers verantwoordelikheid gegee, vir hulle gevra watter soort veldplasings hulle wil hê en wat hulle beplan om te doen in ‘n boulbeurt.

“Hy bring ‘n soort varsheid tot die rol, maar dit is moeilik om beide kaptein en paaltjiewagter te wees in eendag-krieket, so ons hou dit in gedagte, maar alle krediet aan hom.”
 

- Volg Nuus24Sport op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: dale steyn  |  gary kirsten  |  proteas

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Johan sê... Sies ou franie dit was n lae hou!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.