Dale Steyn maak geskiedenis
2011-11-12 14:59
Kaapstad – Suid-Afrika se Dale Steyn het die 20ste bouler in die geskiedenis geword wat die 900-puntekerf op die Internasionale Krieketraad se ranglys vir toetsboulers verbysteek nadat hy ses paaltjies in die kriekettoets teen Australië platgetrek het.
"Dit is baie spesiaal vir my om die die 900-punteklub aan te sluit," het Steyn gesê.
"Daar is baie wêreldklasspelers in daardie groep en dit is 'n eer om by hulle aan te sluit."
Steyn het die toets op 899 punte begin en 3 punte vir sy pogings van 4/55 en 22/3 gekry om die tweede Suid-Afrikaanse bouler, ná Shaun Pollock, te word om dié prestasie te behaal.
"Wanneer ek gaan boul, dink ek nie eers amper aan ranglyste nie, vir my gaan dit daaroor om my land te verteenwoordig en my beste vir die span te gee, so soms beteken dit baie om die erkenning te kry."
Die tweede toets teen Australië begin Dinsdag in Johannesburg.
In 47 toetse het die 28-jarige Steyn 244 paaltjies platgetrek.
Vernon Philander, wat sy buiging vir die Proteas gemaak het, beklee die 49ste plek op die ranglys vir boulers
– Kliek hier vir die volledige ranglys
– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- SAPA