Dag vir helde in Kolkata

2010-02-18 07:42
Tweets Share Share line Print

Altus Momberg

Kolkata - Die weer gaan Suid-Afrika nie vandag (Donderdag) red nie, maar Jacques Kallis glo die Proteas het ’n troefkaart wat dít wel kan doen.

Nadat reën en swak lig Woensdag se spel tot slegs 34 beurte beperk het, word sonnige weer vir vandag voorspel.

Die Suid-Afrikaanse krieketspan is met sy telling op 115/3 wankelend, maar nog staande – al dreig ’n vernederende beurtnederlaag teen Indië.

Maar Kallis glo Hashim Amla kan sake beredder.

“Hash is uitstekend op dreef en ek weet hy is honger om sake vandag vir ons op koers te hou.

“Hy is ’n ou wat geestelik só sterk is. Hy weet ook wat sy tekortkominge is en pas daarvolgens sy kolfstrategie aan.
“Dis ’n les vir al die ander kolwers,” sê Kallis.

Dié veteraan glo ook dat die kolfblad hier nie vol streke is nie en dat die oorblywende Suid-Afrikaanse kolwers hulle sal kan ingrawe.

“Dis beslis nog ’n goeie kolfblad. Daar is hulp vir die draaiers, maar beslis nie soveel soos ons al voorheen hier (subkontinent) gesien het nie,” meen Kallis.

Amla, wat vanoggend vroeg sy kolfbeurt op 49 lopies sou hervat, dra die hoop van ’n span én ’n nasie se krieketondersteuners op sy skouers.

Hy was reeds twee keer in dié toetsreeks die Proteas se steunpilaar met tellings van 253 nie uit nie en 114 en sal nou op Eden Gardens ’n derde keer die kastaiings vir sy span uit die vuur moet krap.

Toe die Proteas in 2008 die eerste toets teen Engeland op Lord’s gered het, het Amla ook een van die Proteas se honderdtalle aangeteken.

Amla het dus die vermoë om die hele dag te kolf, maar sal nie op sy eentjie die wa deur die drif kan trek nie.

Ashwell Prince, AB de Villiers en JP Duminy sal ook waardevolle bydraes moet lewer.

Prince en Duminy bevind hulle boonop in ’n situasie waar hulle kolf om hul plek in die toetsspan te behou ná ’n hele rits mislukkings in die afgelope twee reekse.

Prince kon in sy laaste nege beurte nie een keer ’n vyftigtal aanteken nie en sy laaste honderdtal was in Maart verlede jaar op Nuweland teen Australië.

Duminy kon op sy beurt net twee 50-talle in 16 beurte sedert sy 166 op die Melbourne Cricket Ground in Desember 2008 aanteken.

Ná Alviro Petersen se debuut-honderdtal in die eerste beurt lyk dit of Graeme Smith sy aanvangsmaat vir die toetsreeks teen die Wes-Indiese Eilande in Junie gevind het. Dit beteken dat wanneer die paaltjiewagter Mark Boucher terugkeer, kan een van Prince of Duminy gepos sal word.

Duminy het die voordeel dat hy ’n bydrae as tweede draaibouler kan lewer, maar dít alleen gaan hom nie langer ’n plek in die span waarborg nie.

Prince was die laaste paar jaar een van die staatmakers in die middelorde en het eers begin kleitrap nadat hy aangesê is om die beurt te begin. Hy verdien waarskynlik nog ’n kans of twee in die middelorde.

Kallis het gesê dit sou uiteraard beter gewees het as albei dié twee hotklou-kolwers meer lopies op toer aangeteken het, maar beskou vandag as ’n gulde geleentheid vir hulle.

"Vandag is ’n dag vir helde,” het Kallis gesê.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Rudel sê... @Boerperd,ek het by n oud Affie pel gehoor dat hy (Riaan) wel skeef is--nou kan jy verstaan hoekom hy so praat,het jy nog nie agtergekom hy kan net oor 2 dinge praat nie. 1 Die BULLE (helse vrees vir hulle) 2 Gays (verlang na sy maatjie) Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

PA/ Office Co coordinator

Johannesburg, South Africa
Hewitt Colenbrander Recruitment
R12000 - R18000

IT Operational Manager

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R480000

Admin Assistant

Silverton, Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R8000 - R10000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.