Corrie wil Proteas bou vir WB

2010-03-02 08:30
Tweets Share Share line Print

Eduan Roos

Johannesburg - Van struikelblokke na boublokke.

Dít is waarop Corrie van Zyl, Suid-Afrikaanse krieketafrigter, en sy Proteas gaan fokus in die aanloop tot aanstaande jaar se Wêreldbeker-toernooi op die subkontinent.

Dié span het Maandag uit Indië teruggekeer ná ’n tweede agtereenvolgende gelykop-uitslag in ’n toetsreeks teen die tuisspan en ’n nederlaag van 1-2 in die kitsreeks.

“Baie van dié spelers gaan Suid-Afrika aanstaande jaar (in die Wêreldbeker-toernooi) verteenwoordig en ek het heelwat wyser geword oor die span en hoe sekere spelers in dié toestande vertoon,” het Van Zyl gesê.

“Ek glo ons het nou die eerste boublokke in plek om ’n nuwe en meer bestendige span vir die toernooi te bou.”

Van Zyl is skaars ’n week voor dié toer as breier aangestel ná die skokbedanking van Mickey Arthur, maar sal nou ten minste tot na dié Wêreldbeker-toernooi aanbly.

“Dit was moeilik en die span het ook die onsekerheid aangevoel.

“’n Mens kan nooit die impak van so iets onderskat nie, maar dit is nou afgehandel en nie meer iets waaroor ons ons hoef te bekommer nie.”

Volgens Van Zyl fokus die Proteas daarop om meer bestendig te wees en in druksituasies kalm te bly.

“Dis kommerwekkend dat ons so goed kon speel in die eerste toets, maar onsself daarna in die tweede wedstryd in die steek gelaat het.”

Die Proteas het die eerste toets in Nagpur met ’n beurt en 6 lopies beklink, maar het in Kolkata self ’n beurtnederlaag op die lyf geloop.

“Bestendigheid gaan die sleutel wees om nommer een (ter wêreld) te word én te bly en ons moet kalm bly wanneer ons onder druk is,” het die afrigter gesê.

“Boonop sal groot kolfvennootskappe baie belangrik wees in Indië – en ons boulers sal moet leer dat selfs die kleinste fout op die subkontinent jou duur te staan kom.”

Intussen kan van die Proteas al môre in die tweede wedstryd van die Pro20-halfeindronde tussen die Cape Cobras en die War­riors op Nuweland in aksie wees.

Jacques Kallis (dyspier) en Mark Boucher (rug) sal egter nie vir die Warriors speel nie, terwyl die Cobras sonder Graeme Smith moet klaarkom.

Die nasionale kaptein sukkel steeds met die gebreekte pinkie wat hom uit die kitsreeks teen Indië gedwing het.

Albie Morkel sal ook die Titans se halfeindstryd Vrydag teen die Lions op SuperSportpark in Centurion weens ’n seer enkel misloop.

- Die Burger
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: proteas  |  krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

louis.heydenrych sê... Groot jammer te !! .hy is goed op vorm en sal sekerlik teen die engelse speel vanjaar , Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Innovative Delphi Developers with strong OO skills - JHB

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R450000

ASP .Net Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Invoice Clerk

Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R5000 - R5500

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

318i (E46)
2005
R 129,900.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.